About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Telecoms
  • /
  • ABSA, Autopage stel punt-van-verkope lugtydverkope bekend

ABSA, Autopage stel punt-van-verkope lugtydverkope bekend

Phillip de Wet
By Phillip de Wet, ITWeb contributor
Johannesburg, 11 Jan 2001

ABSA en Autopage Cellular het gister 'n gesamentlike onderneming aangekondig om elektroniese voorafbetaalde lugtydverkope by die bykans 25 000 bestaande ABSA punt-van-verkope kredietkaartterminale bekend te stel.

Die stelsel, wat gesamentlik ontwikkel is, stel terminale waarvan die sagteware opgegradeer is in staat om as elektroniese bewysstukverspreidingspunte op te tree. Die stelsel sal teen 15 Januarie in werking tree.

ABSA reken dat die voorafbetaalde lugtydmark R4 milard per jaar werd is, en glo dit kan binne vier jaar tot R14 miljard per jaar groei. Die verwagte groei word deels toegeskryf aan die bekendstelling van 'n derde selfoonnetwerk.

"Met die nuwe tegnologie verwag ons om binne 12 maande 10% van die voorafbetaalde mark te verkry," s^e Graham Passmoor, hoof van Autopage Holdings.

Volgens die maatskappye is die stelsel tans uniek, aangesien ander elektroniese bewysstukstelsels in enkeldoel-alleenstaande terminale gehuisves word, wat dit ongerieflik maak vir handelaars.

"Ons mededingers kan in die stadium nie hierdie soort diens lewer nie," s^e Eric Tomlinson, ABSA se bestuurder van Flexibank-betaling en kaartstelsels.

Die stelsel kan betalings deur middel van kredietkaart of debietkaart, asook kontant en tjeks aanvaar. Dit sal verbruikers ook in staat stel om die waarde van die lugtyd wat vereis word te spesifiseer. Die huidige stelsel laat slegs verkope in vasgestelde denominasies toe.

ABSA glo die daaglikse oordrag en oudit spoorvermo"e van die stelsel maak dit selfs meer aantreklik vir handelaars.

Autopage gaan grootmaat lugtyd van MTN en Vodacom aankoop en verspreiders sal die voorraad direk deur die ABSA-handelaarkontroleringstelsel kan bekom. Die identifikasienommer vir die lugtyd word dan soos 'n kredietkaarttransaksiestrokie uitgedruk en kan dan onmiddellik deur die klant in werking gestel word.

Die maatskappye erken dat hulle op baie klein winsgrens werk, maar verwag dat die volume besigheid die onderneming winsgewend sal maak.

Tomlinson s^e die stelsel staan afsonderlik van enige outomatiese teller (OTM)-lugtydverkope. Nedbank en MTN is tans besig om hul lugtydverkope deur OTM`s in die hof te verdedig, na 'n onafhanklike ontwikkelaar daarop aanspraak gemaak het dat hul stelsel sy patentreg skend.

Autopage is 'n lid van die Altech-groep.

Share