Cell C s^e hy sal sy netwerk voor die einde van die jaar in werking h^e, betyds om voordeel te trek uit die seisoenale toename in klante oor die Kerstyd.
"Ons kan nou die proses begin om ons infrastruktuur te bou nadat die diens- en spektrumlisensie-onderhandelinge afgehandel is," het Zwelakhe Mankazana, Cell C se direkteur en woordvoerder verlede Vrydag in 'n verklaring ges^e. "Ons kan nou begin om interkonnektiewe en ander ooreenkomste aan te gaan. 'n Spoedige oplossing van hierdie sake sal Cell C in staat stel om op te maak vir verlore tyd en die proses te begin om 'n w^ereldklas-netwerk te bou."
Die konsortium glo daar is nog potensiaal vir sy besigheid, ondanks die lang oponthoud in die toekenning van die lisensie waarin die huidige spelers hul posisies verstewig het. Dit is bykans 'n jaar sedert die SA Telekommunikasie Beheerowerheid, die voorloper van die huidige reguleerder, Cell C verkies het as sy verkose bieder vir die derde lisensie.
"Terwyl die onnodige vertragings in die toekenning van die lisensie ons duur te staan gekom het, is ons vol vertroue dat die sellul^ere mark steeds belofte inhou," s^e die maatskappy se hoof, Talaat Laham.
Die konsortium verwag dat hy kostes van bykans $20 miljoen (meer as R150 miljoen) sou aangegaan het teen die tyd dat die netwerk aktief raak, sonder om die verlore geleenthede in berekening te bring wat deur die vertraging teweeg gebring is. Paul Doany, 'n adviseur vir die konsortium, bereken dat sellul^ere klante in die plaaslike mark teen sowat $1 500 en $2 000 elk gewaardeer word, en dat ten minste 'n vierde van alle gebruikers wat oor die afgelope jaar by MTN en Vodacom ingeteken het, by Cell C kon aangesluit het.
Doany s^e Cell C sal poog om klante te werf uit die beraamde 20% voorafbetaalde mark wat tussen die twee huidige ondernemings bestaan, maar dit is nie sy hoofoogmerk nie.
"Ons stel meer daarin belang om die mark uit te brei met gebruikers en verkeer op die netwerk," het hy ges^e. Dataverkeer en dienste sal na verwagting ook uiteindelik vir 'n groot deel van die netwerk se inkomste sorg.
Laham s^e Cell C sal 'n mededingende en koste-effektiewe netwerk-alternatief tot MTN en Vodacom bied. "Ons sien daarna uit om 'n reeks innoverende, mededingende en bekostigbare produkte en dienste aan die mark te bied."
Doany s^e vroe"ere voorspellings dat die maatskappy 200 000 gebruikers in sy eerste 12 maande van bedryf sal lok, is waarskynlik laag, en dat hierdie syfer heel moontlik oortref sal word. Die konsortium glo dat Suid-Afrika teen 2005 tussen 14 miljoen en 16 miljoen sellul^ere gebruikers sal h^e.
Met onmiddellike toegang tot die 1800MHz-frekwensiespektrum wat tot nou toe nie vir MTN en Vodacom beskore was nie, sal Cell C na verwagting sterk aanspraak maak op die draadlose datamark. Die 1800MHz-frekwensie is baie beter geskik vir die versending van data as die 900MHz GSM wat tans in gebruik is.
Die maatskappy s^e egter hy moet sy besigheidsplan opdateer en met die reguleerder oor spektrumkwessies onderhandel voor spesifieke inligting oor die produkte wat hy sal aanbied bekend gemaak word.

