About
Subscribe

Eskom, Telkom Kenya-transaksie in gevaar

Phillip de Wet
By Phillip de Wet, ITWeb contributor
Johannesburg, 14 Feb 2001

Onderhandelinge vir die verkoop van 'n 49%-belang in Telkom Kenya is opgeskort terwyl sommige besluite na die Keniaanse regering verwys is.

Die Mount Kenya Communications-konsortium het vroe"er vir Malaysia Telecoms en die Egiptiese onderneming Orascom verslaan in die bod vir die aandeel, wat te koop is as deel van die proses om die staatsonderneming te privatiseer.

Die konsortium sluit die Nederlandse bedryfsvennoot KPN in, asook Econet van Zimbabwe, en die plaaslike semi-staatsinstellings Eskom Enterprises en Transtel.

Die verwagte sluiting van die transaksie is egter vertraag terwyl besonderhede uitgestryk word. `n Bron na aan die transaksie het bevestig dat onderhandelinge vir twee weke opgeskort is aangesien `n ooreenkoms om die konsortium eerste opsie te gee, na die Keniaanse kabinet verwys is vir goedkeuring.

Volgens die bron is die prys van die aandeel, 'n $225 miljoen-betaling en gewaarborgde lenings ter waarde van nog $85 miljoen, nie in geskil nie, hoewel `n aanbod van Orascom om sy bod te verhoog moontlik gedeeltelik vir die vertraging geblameer word.

Sommige van die betrokkenes by die transaksie glo 'n faksie wat teen die privatiseringsproses gekant is, kon 'n laat aanbod deur Orascom om sy bod te verhoog bewerkstellig het om die transaksie te kelder of ten minste te belemmer.

Ander bespiegel dat verskaffers wat 'n knus verhouding met Telkom Kenya het, ontsteld was toe die konsortium aangedui het dat toekomstige kontrakte deur deursigtige tenders toegeken sal word, en dat hierdie sakemanne hul politieke verbintenisse gebruik het om die verkoop te vertraag.

Maar, volgens 'n Keniaanse koerant, die Daily Nation, is die regering besig om die hele transaksie te heroorweeg terwyl hy worstel vir kontant. Volgens die koerant het onderhandelaars vir Mount Kenya die land inderhaas verlaat omdat die regering sy eie bodprosedures verontagsaam het.

Die Nation s^e daar is gerugte dat 'n agterdeur oopgelaat is vir ander beleggers om Mount Kenya in te palm, ondanks die feit dat daar geen ooglopende aanspraakmakers is nie. Die koerant haal `n bron aan wat `n vergadering bygewoon het tussen die regering se raadgewer, Salomon Smith Barney, die minister van finansies, Chris Okemo, en die minister van inligting, vervoer en kommunikasie, Musalia Mudavadi, wat s^e Okemo het deelnemers vertel geen ooreenkoms sal geteken word voordat die regering oortuig is daar is nie beter aanbiedings nie.

Die aanbod van $225 miljoen is aansienlik laer as wat aanvanklik deur die regering verwag is. Verteenwoordigers van die konsortium wou nie kommentaar lewer op die stand van die onderhandelinge nie, maar `n woordvoerder van Econet Wireless het bevestig dat onderhandelinge voortduur.

Verwante berigte:
Gaan Eskom 'n belang in Telkom Kenya kry?

Eksterne skakels:
The Daily Nation - Intrigues of Telkom Kenya sale

Share