Die Europese mark van gekombineerde tegnologie is reg om te ontplof, volgens 'n verslag van die interaktiewe mediakonsultantegroep, Digiscope, wat deur Phillips Global Media uitgegee word.
Projeksies toon dat gebruikers van digitale TV, mobiele/draadlose en Internet-gekombineerde toestelle na verwagting sal groei van 1.6 miljoen aan die einde van 1999 tot bykans 70 miljoen verbruikers in 2005.
Die verslag "Digital TV, Internet and Mobile Convergence - developments and projections for Europe", meld dat gekombineerde tegnologie nog baie jare ver is en aansienlike kulturele en tegnologiese struikelblokke in die gesig staar.
Die werklike betekenis van gekombineerde tegnologie in die kort- tot mediumtermyn is die ontwikkeling van die "gekombineerde verbruiker" en die manier waarop digitale platforms 'n meer gesofistikeerde, interaktiewe en deelnemende verhouding met die verbruiker toelaat, volgens die studie.
Barry Flynn, wat die verslag opgestel het, s^e: "Die boodskap van die verslag is dat baie van die waarneembare waardes van gekombineerde tegnologie eintlik nog jare ver is. Digitale tegnologie het inderwaarheid groter fragmentasie van dienste as 'n kombinasie daarvan meegebring. Tog is Europa besig om vinnig 'n beduidende mark van "gekombineerde verbruikers" te ontwikkel. Die nuwe digitale platform laat 'n meer gesofistikeerde ontwikkeling van verbruikersverhoudinge, asook die nasporing en bestuur van hul voorkeure en afkeure oor platforms toe."
Volgens die verslag het die Skandinawiese lande en die Verenigde Koninkryk die hoogste penetrasie van kruisplatform-verbruikers en ook die beste algehele infrastruktuur oor die drie platforms, en Belgi"e en Itali"e die swakste.
Flynn voeg by: "In die nuwe gekombineerde mark gaan verbruikermeta-inhoud (inhoud oor verbruikers) net so belangrik wees as die inhoud self. Die eienaars van meta-inhoud gaan geweldig magtig wees in die nuwe gekombineerde mark en maatskappye soos BSkyB, Vivendi, NTL, Vodafone en UPC is besonder goed geposisioneer om hierdie vinnig groeiende mark te ontgin."

