Drie nuwe virusse het vandeesweek kop uitgesteek, waarvan een in SA verskyn het kort nadat dit opgespoor is.
Die Mawanella Visual Basic Script (VBS)-wurm is volgens die sekuriteitsmaatskappy Kaspersky Labs met die VBS Worm Generator geskryf. Dieselfde gereedskap is gebruik om die wydverspreide Kournikova-virus vroe"er vanjaar te skep.
Mawanella wend geen poging aan om homself te verbloem nie, maar verskyn as 'n aanhangsel genaamd "mawanella.vbs". Wanneer hy geaktiveer word, vertoon die skrip 'n assci-tekening van 'n huis en die volgende teks:
"Mawanella is on of the Sri Lanka`s Muslim Village. This brutal incident happened here 2 Muslim Mosques & 100 Shops are burnt. I hat this incident, What about you? I can destroy your computer I didn`t do that because I am a peace-loving citizen."
Intussen word die VBS-l^eer op die Windows-stelsell^eergids gekopieer en na al die adresse in die Microsoft Outlook-adresboek gestuur.
Ten minste een Suid-Afrikaanse maatskappy is verlede Donderdag deur Mawanella aangetas.
Die Trojan-sakkeroller
Die meer gesofistikeerde Eurosol Trojan is skynbaar daarop gerig om geld van gebruikers van 'n Russiese Internet-geldruilstelsel te steel.
Volgens Kaspersky Labs steel Eurosol wagwoorde vir die WebMoney-stelsel, wat aanlyntransaksies sonder die gebruik van 'n kredietkaart moontlik maak. Die virus is verbloem as 'n aanbod om advertensiebaniere te besigtig in ruil vir geld.
Sodra die rekenaar aangeskakel word, deursoek Eurosol die rekenaar vir die WebMoney-sleutell^eers keys.kwm en purses.kwm. Wanneer die l^eers opgespoor word, word hulle ge"enkripteer en via l^eeroordragprotokol (FTP) na 'n afstandbediener versend.
Eurosol neutraliseer ook die ATGuard persoonlike netskans, as dit ge"installeer is, sodat die verbinding tot die afstandbediener nie geblokkeer is nie.
Geld kan via posoordrag van die gesteelde rekeninge oorgeplaas word.
"Kaspersky Labs het reeds die nodige stappe gedoen om die bedrogspul af te weer en het alle uitbuitbare Eurosol-bedieners gesluit," het die maatskappy in 'n verklaring ges^e. Die maatskappy bereken dat meer as 300 gebruikers aangetas is voordat die virus opgespoor is.
'n Teen-Echelon-virus?
Nuusbrokkies berig dat 'n variant van die LoveLetter-virus, VBS/LoveLet-CL, opgespoor is hoewel dit nog nie wyd verspreid is nie. Volgens opmerkings in die kode van die virus beoog hy om die Echelon-spioenstelsel, wat glo deur die VSA en sy bondgenote bedryf word, lam te l^e.
Volgens die teenvirus-maatskappy, Sophos, bevat die wurm 'n paar honderd sleutelwoorde soos "CIA", "toxin" en "satellite", waarskynlik om opsporing deur Echelon e-posmonitering aan die gang te sit.
Die wurm versprei deur e-pos na adresse in die Microsoft Outlook-adresbook met die aanhangsel echelon.vbs.

