About
Subscribe

Gaan Eskom `n belang in Telkom Kenya kry?

By ITWeb
Johannesburg, 29 Jan 2001

Die Keniaanse regering gaan na verwagting die week die verkoop van `n minderheidsbelang in die nasionale vastelyn-telekommunikasievoorsiener, Telkom Kenya, aankondig.

Die East African Standard berig dat Mount Kenya Communications na verwagting die bod sal wen met `n aanbod van minstens $307 miljoen. Telkom Kenya het glo `n jaarlikse omset van meer as $20 miljard.

Volgens die koerant sal Kenia se president, Daniel arap Moi, die bod - wat na drie bodrondtes toegestaan is - die week goedkeur en aankondig. Na wat berig word is die regering onder druk om die ooreenkoms af te handel aangesien die Internasionale Monet^ere Fonds Telkom Kenya geprivatiseer wil h^e. Die Standard glo ook die regering is "desperaat vir kontant om die verwagte begrotingstekort aan te vul, wat na verwagting aansienlik hoog sal wees".

Telkom Kenya het vermoedelik laste van miljarde dollar, en het `n agterstand van 160 000 intekenare wat wag vir telefoondienste.

Eskom Enterprises, die sake-eenheid van die kragmaatskappy, word as `n lid van die Mount Kenya Communications-konsortium gelys. Bronne in die konsortium s^e beide Eskom en Transnet is genader om `n 15%-belang in die konsortium te neem.

Eskom Enterprises is aktief besig om sake-ooreenkomste met telekommunikasievoorsieners in Lesotho en Nigeri"e na te jaag. Eskom was teen publikasietyd nie beskikbaar vir kommentaar om sy betrokkenheid in die Keniaanse bod te bevestig nie.

MTN Suid-Afrika s^e hy het oorweeg om aan die bod deel te neem, maar het Kenia versaak ten gunste van Nigeri"e, waar hy onlangs `n nasionale sellul^ere lisensie bekom het.

"Met die oog op sy verbintenis met Nigeri"e, het MTN gevoel hy wil in hierdie stadium nie te veel aanvat nie. Dit is baie moontlik dat hy na die Keniaanse situasie sal terugkeer wanneer dit volgens die maatskappy gepas is," s^e sy korporatiewe woordvoerder, Jacques Sellschop.

Malaysia Telecoms, die een helfte van die konsortium wat `n minderheidsbelang in Telkom Suid-Afrika het, was ook betrokke by vroe"ere bodrondtes vir die Keniaanse maatskappy, maar het na bewering net $130 miljoen aangebied.

Eskom is nie `n vreemdeling in die kommunikasieveld nie. Die maatskappy sal na verwagting deel wees van `n konsortium wat sal bie vir `n lisensie om Telkom Suid-Afrika teen te staan as die plaaslike vastelyn-voorsiener. Transtel (die kommunikasie-arm van Transnet), Sentech en Eskom sal na verwagting met die steun van die regering `n parastatale konsortium vorm.

Share