About
Subscribe

HP gaan bergingsopsies uitbrei

By ITWeb
Johannesburg, 05 Mar 2001

As deel van sy FSAM-bergingstrategie wat onlangs aangekondig is, het Hewlett-Packard 'n oorsigkaart opgestel vir verskeie van sy produkte wat in 2001 bekend gestel gaan word.

FSAM, of Federated Storage Area Management, vervang - soos HP se Ivan Kraemer dit stel - die idee van netwerkwye bergingskonsolidasie met vereenvoudigde bestuur van verspreide sakke van gekonsolideerde berging op die netwerk.

Die doel is nie alleenlik om vir die snelle groei in bergingsvereistes voorsiening te maak nie, maar ook om aan verbruikers 'n manier te bied om onvoorspelbare bergingsbehoeftes te bestuur, volgens Robert Abehassera, EMEA se bemarkingsbestuurder van bergingsbedrywe.

FSAM se oogmerke word hoofsaaklik bereik deur die gebruik van bestaande tegnologie in OpenView-netwerkbestuursagteware om alle berging in 'n enkele, maklik bestuurbare bergingswolk "virtueel te konsolideer". Sodoende word die hoeveelheid berging verdubbel wat deur een administrateur behartig kan word.

Die eerste nuwe produk wat die lig sal sien, is die HP SureStore Virtual Array 7100, wat na verwagting op 1 April uitgereik sal word. Die produk is gerig op die onderpunt van die middelmark vir heterogene kritieke besigheidstoepassings. In sy volledig uitgebreide vorm, sal VA7100 1.1TB rou databerging op 'n Channel-ruggraat en 90MB/s toevoer bied. OS-ondersteuning dek Windows NT en 2000, HP-UX en RedHat 6.2 Linux, met Solaris, NetWare, AIX en 'n paar ander wat vir later vanjaar geskeduleer is.

Dit sal in Augustus of September gevolg word deur die VA7400 en die VA7405. Albei se maksimum kapasiteit is 7.7TB en toevoer sal met 180MBps en 360MBps respektiewelik verhoog word. Terwyl 7400-gebruikers tot VA7405 kan opgradeer, is daar geen eenvoudige opgraderingspad van die VA7100 nie: migrasie sal nodig wees.

Volgens EMEA se bergingsprodukbestuurder, Chris Sopp, is hierdie produkte ontwerp om gapings tussen HP se beginnersvlakproduk, JBOD (net 'n hoop diskette), en die FC60 in die middelreeks, sowel as tussen die FC60 en die ho"evlak XP-produkte te oorbrug. Die VA-produkte sal ho"evlak rangskikkingsfunksionaliteit, ondersteuning vir heterogone omgewings en eenvoudige databestuur na die beginners- en middelvlakke bring.

Sagteware sal 'n sleutelkomponent van die aanbiedinge wees, met 'n verskeidenheid produkte in bestuur, ladingsbalansering, dataherwinning en sekuriteit wat beskikbaar sal wees.

Share