About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Computing
  • /
  • HP stel 1GHz-notaboek, e-PC, intelligente drukkers bekend

HP stel 1GHz-notaboek, e-PC, intelligente drukkers bekend

By ITWeb
Johannesburg, 27 Mar 2001

Hewlett-Packard het sy eerste 1GHz-prosesseerdernotaboek saam met ander nuwe, verbeterde produkte in sy reeks persoonlike rekenaars (PCs), notaboeke, bergingsprodukte, drukkers en skandeerders, bekend gestel.

Tog, s^e Adrian Delport, markontwikkelingsbestuurder van besigheids-PCs by HP SA, min mense sal soveel krag in hul draagbare rekenaars nodig h^e. Dit is 'n mark waarom hewig meegeding word, met 34% van PC-inkomste in SA wat aan notaboekrekenaars toegeskryf word. Dit verteenwoordig sowat 15% van eenheidsuitsette.

Ondanks die feit dat hy die notaboekverkoper met die vinnigste groei in Europa, die Midde-Ooste en die Afrika-streek is, bly HP ver agter mededingers soos Compaq, Toshiba, IBM, Dell en Acer met slegs 5.6% van die algehele markaandeel.

Delport s^e die bekendstelling van die Omnibook 6000 met 1GHz-prosesseerder 'n dag voor Intel die prosesseerder aangekondig het, wys HP se vasberadenheid om 'n groter speler in die mark te word.

Die nuwe Omnibook 500 is baie ligter in gewig en het 'n draagbare koppelingseenheid indien ekstra kenmerke benodig word. Dieselfde hardewaremodules en sagtewarebeeld kan regoor die notaboekreeks gebruik word. Volgens verkopers van derdeparty-hardeware is HP die eerste hardewarevervaardiger wat identiese drywersagteware vir verskillende modelle in sy reeks versoek.

Die maatskappy het ook 'n klein PC-tafelbladmasjien in 'n verse"elde boks bekend gestel. Hy het 'n notaboekstyl eksterne kragtoevoerpunt en 'n ruilbare hardeskyfeenheid, maar andersins is die PC verse"el en kompleet. Volgens Delport is die eenheid 35% meer betroubaar as tradisionele PCs en sy klein vormfaktor maak dit ideaal vir grootskaalse korporatiewe bekendstellings. 'n Bypassende plat vertoonpaneel is beskikbaar vir die e-PC, soos dit genoem word.

As deel van sy strategie om inligtingstoestelle te lewer, beskik die nuwe HP-drukkers nie net oor die gewone verbetering in drukspoed (14bpm tot 24bpm, afhangend van die model) en resolusie nie. Elke drukker inkorporeer nou ook 'n ingeslote webbediener en virtuele masjien wat dit in 'n intelligente webtoestel verander. Die drukkers, met voordele soos regstreekse bedryf vanaf mobiele toestelle, web-gebaseerde onderhoudkonsoles en die vermo"e om Java-miniprogramme uit te voer, sal na verwagting op 1 April, of selfs vroe"er, beskikbaar wees.

In 'n innoverende benadering om sy winsgewende leweransiersonderneming te beskerm, het HP sogenaamde "slimdrukvoorrade" bekend gestel. Buiten die vermo"e om 'n verskaffer per e-pos in kennis te stel wanneer die ink byna klaar is, aanlyn voorrade te bestel en weg te doen daarmee om laserdrukkers se inkhouers te skud, kan die maatskappy se nuwe inkspuithouers agterkom wanneer hulle hervul is - 'n gebruik wat HP afkeur en wat die waarborg van sy produkte nietig verklaar - en lig gebruikers in daaroor en die implikasies daarvan.

Op die gebied van berging, het HP 'n kombinasie CD-skrywer en DVD-ROM-drywer bekend gestel. Charlotte Saayman, bestuurder van HP se kleinhandelsveld, s^e die kombi-produk behoort gewild te wees in SA, waar baie masjiene wat internasionaal uitgereik word met 'n DVD-ROM-drywer, aangepas moet word omdat gebruikers 'n CD-skrywer bo 'n DVD verkies. Met hierdie produk kan kli"ente albei kry sonder om enige spasie op hul notaboek of PC in te boet.

Nog nuwe produkte is opgraderings in sy skandeerder-reeks, wat gebruikers een-knoppie toegang bied tot algemene skanderingstake. In die 7400-reeks kan resolusie so hoog wees soos 2400dpi met 'n 600dpi-alternatief vir vinnige take of voorbesigtiging.

Share