About
Subscribe

IBM se Shark bevat nou koper, Ficon

Johannesburg, 10 Aug 2001

Deur die eerste koper mikroskyfie in `n bergingsbediener te gebruik en 'n veselkanaalverbinding (Ficon) in sy hooframe in te sluit, is die verrigting van sy Shark-bergingsoplossing ses keer en sy kapasiteit vier keer verhoog, volgens IBM.

Benewens bestaande 8GB, 16GB en 32GB-kasgeheue het IBM Shark met 'n 24GB-kasgeheue verbeter. Shark-dataoordrag word nou teen 100MBps gedoen, vergeleke met die ondernemingstelselverbinding (Escon)- standaard van 17MBps.

Die Shark/Ficon-bergingsoplossing verbeter ook afstand (100km teen 9km op Escon) en saamdeling, en verminder ook infrastruktuurkoste deurdat meervoudige Escon-kanale met 'n enkele Ficon-kanaal vervang word.

Ficon-gebaseerde berging vir hooframe stel klante ook in staat om hooframe regstreeks met oop bergingsgebiednetwerke (SANs) te koppel wat vir die eerste keer deur Unix- en Windows/NT-stelsels gebruik is.

"`n SAN-infrastruktuur vergemaklik die administrasie van bergingsnetwerke en stel organisasies in staat om vinnige veranderinge aan hul konfigurasies aan te bring om aan die vereistes van die onderneming te voldoen," s^e IBM se bergingsoplossingsbestuurder, Ben Gosling.

IBM het ook koper in sy bandtegnologie ingebou en sy rugsteunstelsels agt maande gelede met Ficon toegerus.

Share