Intel, die w^ereld se grootste vervaardiger van rekenaarskyfies, het gister sy vinnigste verwerker nog, die Pentium 4 2GHz, bekend gestel.
Calum Chisholm, Intel South Africa se kanaalondernemingsbestuurder, het by die bekendstelling ges^e die verbetering van verwerkerspoed is noodsaaklik sodat maatskappye in pas kan bly met nuwe ontwikkelinge in die sake-omgewing.
Hy het opgemerk dat hoewel baie ondernemings slegs `n verbetering van sowat 5% in verrigting sal sien, sal die Intel P4 2GHz-verwerker video-enkodering met meer as 40% versnel en oudio-enkodering met meer as 70%. Hy glo hierdie funksies sal binne die volgende paar jaar nog belangriker word in die sakew^ereld.
Steven Nossel, hoof van Intel South Africa, het ges^e die P42GHz word ook geoptimaliseer om agtergrondbedrywe in die korporatiewe mark, soos virusskandering en l^eerenkriptering, te bestuur.
Chisholm het ges^e hoewel die ontwikkeling van Intel se vlagskipproduk, die PC se sentrale verwerker, in pas gebly het met Moore se Wet (dat die aantal transistors op die skyfie elke 18 maande sal verdubbel), opeenhopings in verrigting waarskynlik al meer in ander PC-komponente begin plaasvind, wat die algehele verrigting van 'n rekenaarstelsel vertraag.
Hy het aangekondig dat Intel moederborde met 'n nuwe skyfiestel sal lewer, wat sal oorneem by die bedryfstandaard 815-skyfiestel. Die nuwe 845- en ho"evlak 850-moederbordskyfiestelle sal onderskeidelik ho"espoed SDRAM en RDRAM gebruik en nuwe NetBurst Micro-Architechture inkorporeer om die 2GHz-vlak te bowe te kom. Die 850 beskik oor stelselbusspoed van 400MHz.
Om hierdie nuwe moederbordskyfiestelle aan te vul, sal Intel vanaf 10 September ho"espoed SDRAM- en RDRAM-skyfies vervaardig, het hy bygevoeg.
Intel het ook prysverlagings in sy verwerkerreeks aangekondig. Die 900MHz Celeron se prys het byvoorbeeld met 28% geval, van $89 tot $64 (R738 tot R531), en alle ho"evlak Pentium Xeon-verwerkers se prys is met meer as 30% verlaag.
Pentium 4-verwerkers bo 1.4GHz se pryse het met meer as 40% gedaal, die P4 1.8GHz s`n met 54% en die P4 2GHz word nou teen $562 (R4 664.60) verkoop. Pentium III se pryse het relatief onveranderd gebly, terwyl die P3 1.13GHz se prys die meeste geval het (met 16%).
In reaksie op die groot insakking in die PC-mark en sterk kompetisie van die skyfievervaardiger Advanced Micro Devices (AMD), veg Intel saam met verspreiders en kanaalvennote om dalende verkope te stimuleer.
AMD-verwerkers het vir baie jare die pas volgehou en 'n sielkundige oorwinning oor Intel se o"enskynlike oorheersing in die skyfiemark behaal deur Intel na die 1GHZ-grens te klop. AMD het 'n aansienlike inval in SA gemaak waar sy Athlon- en Duron-verwerkers se pryse aggressief met Intel se Pentium- en Celeronreeks vergelyk. Bedryfskenners glo dit is die rede vir Intel se prysverlagings.
Volgens Chisholm verminder nuwe vervaardigingstegnieke Intel se produksiekoste aansienlik. Hy s^e die nuwe 478-penverwerker is fisies baie kleiner as die vorige modelle wat toelaat dat meer seksies weggelaat kan word uit die duur silikoonlaag wat vir die vervaardiging van skyfies gebruik word. Die nuwe tegnieke stel Intel ook in staat om groter silikoonlae te skep as wat voorheen moontlik was.

