About
Subscribe

Intel voorspel nuwe w^ereld vir draers

Amsterdam, 17 May 2001

Beide die koordlose en tradisionele telekommunikasiemarkte sal na verwagting 'n paradigmaskuif ondergaan, het sleutelsprekers by Intel se Developer Forum in Amsterdam ges^e.

Ronald J Smith, Intel se senior vise-president en hoofbestuurder, voorspel dat met die bekendstelling van 2.5G en 3G koordlose netwerke, stem alleen nie genoeg sal wees om draers se kostes te dra nie. "Dit blyk dat die sleutel is," het Smith ges^e. "Ons by Intel het 'n bietjie kennis van data, miskien genoeg om 'n 'byte` uit die mark te neem," het hy geskerts.

Om hierdie mark aan te spreek, glo Smith vinnige ontwikkeling van toepassings en toestelle word vereis om gebruikers tevrede te stel. Hierdie proses word vertraag deur die magtiging van toestelle en rompslomp rondom die inwerkingstelling van nuwe koordlose dienste. Intel glo dat nuwe dienste en toepassings die mark nog vinnig kan betreee, mits die toestelle sterk genoeg is om die toepassings te dra.

Intel se persoonlike -rekenaarargitektuur - PCA - sluit verwerking, geheue en mikrosein-argitektuur in, en Intel het gerieflik 'n produk wat die drie segmente van sy PCA-ontwerp vervul. Die maatskappy het aangekondig dat hy sy PCA op een mikroskyfie wil integreer, wat xScale-argitektuur (Intel se nuwegenerasie mobiele verwerker), sy Flash RAM-diens en sy Baseband skyfiestel vir mikroseinverwerking, alles teen 0.13 mikron, insluit.

Smith s^e die konsolidering sal lei tot minder kragverbruik en meer spoed.

Mark Christensen, korporatiewe vise-president van Intel, het ook oor telekommunikasie gepraat, maar in die vreemde metropolitaanse areanetwerk sin. Ethernet sal na verwagting volgende jaar by SONET-netwerke oorneem, met die beplande 10Gb Ethernet-standaard. Dit sal koordspoed-verwerking van data vereis - nog 'n plek waar Intel 'n rol speel.

Christensen sien ook dat draerdienste op 'n IP-gebaseerde netwerk sal saamsmelt.

Soortgelyk aan voorspellings van koordlose netwerke, voorspel Christensen dat verandering in die bedryf grootliks deur ekonomiese kommer aangedryf sal word, aangesien stemdienste minder winsgewend vir draers word en data die belangrikste word.

Daar is in die sleuteltoesprake min ges^e oor Intel se IA-32 en IA-64 platforms, ondanks die naderende inwerkingstelling van Intel se 64-bis agitektuur.

Share