Intel en Hewlett-Packard het Dinsdagaand kragte saamgesnoer om die nuwe Itanium-verwerker aan die Suid-Afrikaanse mark bekend te stel.
Die Itanium-verwerker, voorheen bekend as die IA-64, is 'n 64-bis verwerker wat op die ondernemingsmark gerig is. "Die bekendstelling van Itanium-gebaseerde oplossings kondig `n nuwe hoofstuk aan in ondernemingsklas rekenaars," het Intel se bestuurder, Steve Nossel, ges^e.
Alan Priestley, strategiese bemarkingsbestuurder van ondernemingsbedieners by Intel, het ges^e die Itanium-verwerker is die beste geskik vir die databasis-, sekuriteits- en ho"everrigting-rekenaarsektore van die mark.
Jon Jacob, HP se Unix-bediener produkbestuurder, het ges^e Itanium is die ideale platform vir `n menigte oplossings en toepassings en dat die Itanium inpas by HP se strategie om sy bedieneraanbiedinge te verenig.
Rob Schroenn, HP-bediener bemarkingsbestuurder vir SA, het ges^e die maatskappy se strategie is om sy huidige portefeulje bedienders te verenig - van die IA-32 NetServers tot die ho"evlak PA-RISC HP 9000 - en onder 'n enkele HP-bediener handelsnaam te bedryf.
Schroenn het ges^e hierdie strategie is daarop gerig om klante se behoeftes vir buigsaamheid en skaalbaarheid te bevredig. "Ons HP Server-handelsmerk en verenigde bedienerstrategie is ontwerp om daardie behoeftes aan te spreek: saam bied hulle prys en verrigting, missie-kritieke ondersteuning, middelware-integrasie, steun en diensprogramme, en `n platform en infrastruktuur wat HP-UX, Linux en Windows 2000 bedryfsomgewings steun."
Jacob het ges^e die Itanium word goed deur die meeste bedryfstelsels ondersteun, insluitend Windows 2000, Linux en HP-UX. "Die hele bedryf staan agter hierdie platform," het Priestley ges^e.
Hy het bygevoeg dat Intanium-gebaseerde stelsels meer skaalbaar as bestaande 32-bis stelsels is, en verbeterde verrigting en verwerking bied weens sy 64-bis argitektuur. Priestley het opgemerk dat bin^ere verenigbaarheid met bestaande PA RISC en IA-32-verwerkers beteken dat die meeste sagteware op Itanium sal werk.
Schroenn het ges^e HP se Itanium-oplossings sal in Julie in SA beskikbaar wees.

