Hoewel 20 000 besoekers verwag is, het slegs 16 000 hulle opwagting gemaak by vanjaar se Kaapse rekenaarskou (Cape Computer Faire 2000). Die skou het van 13 tot 16 September in die Culemborg Sentrum in Kaapstad plaasgevind.
Die organiseerders, uitstallers en lede van die publiek glo egter dat die skou sy doel goed gedien het.
Oor die algemene uitslag het die rekenaarskou se algemene bestuurder, Celeste Abroms, opgemerk dat "hoewel die bywoning effe gedaal het sedert verlede jaar, was die skou oor die algemeen heel suksesvol. Meeste van die uitstallers het opgemerk dat die kwaliteit van die besoekers verbeter het."
Na `n stadige voorskoudag op 13 September, het die aantal besoekers stelselmatig begin toeneem. Donderdag was daar 3 300 besoekers, Vrydag meer as 4 000 en sluitingsdag was by verre die suksesvolste. Saterdagoggend was beslis die besigste en die deure is vroe"er as gewoonlik oopgemaak omdat mense tougestaan het buite die lokaal.
Die sluitingsdag was tot `n groot mate `n "familiedag" en uitstallers het reg gestaan vir die instroming van families en studente wat uiteindelik toegelaat is om die skou te besoek.
Die skou is amptelik afgesluit met `n plegtigheid Saterdagaand waartydens die beste stalletjies aangewys is. Canon het met die prys in die groot stalletjie kompetisie weggeloop, terwyl ITT Centre die beste medium stalletjie, en CTI Online die beste klein stalletjie, gehad het.
Klagtes kom na vore
Hoewel baie uitstallers gevoel het dat hulle doelwitte bereik is, was daar heelwat klagtes oor die lokaal. Die eerste twee dae se lentere"ens en onverwagse sneeu op die berge het temperature in die pakhuis wat vir die uitstalling gebruik is, skerp laat daal. Verwarmers is wel die tweede dag ingebring, maar volgens verskeie uitstallers het die koue weer mense weggedryf.
`n Johannesburgse maatskappy wat vir die eerste keer in Kaapstad uitstal het gekla dat die skou "in `n lokaal van dieselfde kwaliteit as Gallagher Estate behoort te wees."
Die koue het ook moontlik bygedra tot die slegte bywoning tydens die voorskou. Heather Third, Microsoft Windows World se woordvoerder s^e: Ons het verwag dat die voorskoudag groot besighede sou lok, maar dit het nie werklik nie. Ons het meeste van ons besigheidskli"ente Vrydag getrek. Hulle het veral in Windows 2000 en die terminaalbediener belanggestel."
Steven Wood van Multimedia Warehouse, verspreider vir Creative Labs en een van die grootste uitstallers by die skou het ook die voorskou as "stil" ervaar. Volgens Wood, was Multimedia Warehouse in die verlede "skepties oor die skou omdat dit meer `n vlooimark as `n IT-uitstalling was. Ons is egter gelukkig met die opkoms vanjaar."
Volgens Wood was die skou se tydsberekening goed, omdat "dit `n oefening was waartydens jou handelsmerk gebou kan word in tyd vir Kersfees. Dit was ook aangenaam om te sien hoe die getalle gisteroggend (Vrydag) en veral vanoggend (Saterdag), toeneem."
Nog `n klagte van die uitstallers was dat die skougids vooraf versprei moes gewees het, soos dit in Johannesburg gedoen word, sodat besoekers hulle roetes vooraf kon beplan en besluit vir watter van die kompetisies hulle wou inskryf.
Universal Computer Arts Academy (UCAA) het die internasionaal erkende animasiekursus, 3D Studio Max, tydens die skou weggegee, maar uitstaller Nuno Martins s^e dat die kompetisie "nie so groot was soos ons dit graag sou wou h^e nie." UCAA het slegs 150 navrae oor die kompetisie in die vier dae gekry. Martins het egter gou daarop gewys dat UCAA "`n baie goeie skou en `n baie goeie reaksie op animasie" gehad het in sover mense inligting oor hulle kursusse versoek het. "Ek is `n nuwe maatskappy," s^e Martins, "en dit het my op die kaart geplaas."
In die algemeen is die meeste maatskappye tevrede met die reaksie wat hulle van die publiek gekry het en gretig om weer in die Kaap in 2001 uit te stal.
Openbare mening
Openbare reaksie op die skou het egter verskil wat die besoekers se verskillende oogmerke betref. Vir een jongeling was dit bloot net nie opwindend genoeg nie. `n IT- besigheidsman het weer gevoel dat die vlak van die uitstalling nogal intellektueel was en dat mens heelwat van rekenaars af moes weet om die meeste uit die skou te put. `n Ander besoeker het die sentiment herhaal en opgemerk dat die skou op diegene wat reeds by rekenaars betrokke is, gemik was. `n Besigheidsman in die IT-industrie was minder entoesiasties. Hy s^e dat hoewel hy `n paar feite kon uitvind, wou dit voorkom asof die uitstalling daarop gewys het dat die industrie "vertroue verloor het".
Dit mag wel die geval wees met bywoning wat sedert verlede jaar gedaal het en, in die algemeen, vanjaar se onder gemiddelde IT-besteding, moontlik as gevolg van `n oor-investering in IT in afwagting op J2K.
Abroms s^e dat "volgens `n Media Africa IT-opname wat op ons opdrag gedoen is en waarin daar onderhoude met die IT-direkteure van Suid-Afrika se top 100 maatskappye gevoer is, wys voorlopige resultate op `n teleurstellende jaar vir die industrie in die algemeen".

