About
Subscribe

Laat jou vingers die praatwerk doen

Johannesburg, 14 Sep 2000

Ericsson gaan aanstaande maand sy eerste raakskerm (touch-screen) ``SmartPhone`` en ook die eerste Bluetooth draadlose handvrye stel vir sy telefoonreeks, aan die Suid-Afrikaanse mark bekendstel.

Die R380s mobiele telefoon beskik oor opgeskerpte sekuriteit vir mobiele handel, sowel as oor tipiese persoonlike digitale assistent of PDA-funksies.

Die dubbelband GSM-telefoon beskik oor `n raakskerm onder sy klap wat toegang verleen tot e-pos, faks, WAP - wat internettoegang aan die telefoon verskaf - en SMS. `n Adresboek, kalender, skryfblad en somrekenaar sorg vir die tipiese PDA-kenmerke. Die telefoon spog ook met `n nota-opnemer, `n ingeboude modem en infrarooi. Die stelsel is gegrond op Symbian se EPOC-bedryfstelsel.

Die R380s kan met `n verskeidenheid persoonlike rekenaartoepassings sinkroniseer, waaronder Outlook, Exchange, Schedule+, Lotus Notes en Lotus Organiser deur die RS-232-datakabel. Invoer word verskaf deur die stylus met handskrifherkenning of sy virtuele sleutelbord.

Die sellul^ere toestel kan oor afstand deur SMS van `n diensverskaffer opgestel word, wat Ericsson hoop die opstelling van WAP en e-posdienste vaartbelyn sal maak.

Ericsson maak daarop aanspraak dat die R380s die eerste WAP-telefoon is wat volkome voldoen aan die draadlose versendingslaagsekuriteit ( transport layer of WTLS), `n sekuriteitstandaard wat deur die WAP Forum daargestel is. Sekuriteitsagteware van RSA Security maak eenmalige sleutelwoordskepping vir korporatiewe netwerke moontlik.

Die Bluetooth handvryestel wat gebruikers in staat sal stel om deur `n draadlose kopstel met `n 10-meterreikafstand te praat, word ook volgende maand verwag. Dit tel onder die ``WOW``-handelsreeks van bykomstighede, wat ook spog met `n draagbare handvrye FM radiotoestel, `n MP3-speler en `n sleutelbord waarmee SMS vereenvoudig kan word. Die , sleutelbord en MP3-speler is onmiddellik beskikbaar.

Ander Ericssonprodukte wat binnekort op die rakke verwag word, is onder meer die A2618, wat vir die Y-geslag ontwerp is en teen die einde van September verwag word, sowel as die ruwe R310s wat ontwerp is vir die ``ernstige avontuurverslaafde, buitelug-geesdriftige of vrygeestige individu", aldus die verkoper.

Ericsson s^e sy telefoon bly na 20 minute onder `n meter water ongeskonde, en is ook stof- en skokbestand.

Share