Die Matcher-wurm, die nuutste e-pos-virus wat 'n storm w^ereldwyd ontketen het, het waarskynlik in SA ontstaan.
Die massapos-wurm versprei deur e-pos, en verlei diegene sonder liefde met beloftes om 'n maat te vind.
Ian Melamed, hooftegnologiebeampte van SatelliteSafe, 'n Suid-Afrikaanse satelliet-antivirusmaatskappy, s^e die virus is vir die eerste keer in die welvarende Rosebank-voorstad van Johannesburg opgespoor.
"'n Mens kan nooit heeltemal seker wees van hierdie dinge nie, maar ons is 90% tot 95% seker dat die virus daar ontstaan het," s^e hy.
Hoewel die virus se spoor in die Rosebank-gebied gekry is, loop sy pad daar dood en verdere ondersoek is onwaarskynlik sonder 'n borg. "Die probleem met alle ondersoeke is dat hulle geld vereis. Tensy iemand bereid is om die ondersoek te befonds, gaan niks daaraan gedoen word nie, en daar is onvoldoende geesdrif binne die Suid-Afrikaanse kommersi"ele omgewing," s^e Melamed.
Other viruses that have originated from SA include the Durban virus, the Pretoria virus and the June 16 virus.
Ander virusse wat in SA ontstaan het, sluit die Durban-, Pretoria- en die 16 Junie-virus in.

