Die JSE-genoteerde Maxtec het UbiquiStor, sy nuutste Linux-gebaseerde bergingsaanbieding, bekend gestel. Volgens die maatskappy is dit die eerste ware virtuele bergingsoplossing op die mark.
George Talbot, die hoofuitvoerendebeampte en uitvoerende voorsitter, s^e navorsing het getoon dat netwerkbergingstelsels tradisioneel baie onderbenut word en dikwels net `n maksimum gebruikskoers van sowat 50% het. "Die UbiquiStor verhoog daardie gebruikskoers tot meer as 90%."
Die UbiquiStor 'swart boks` is 'n bergingsbestuurstelsel wat op die FalconstarIPStor-sagteware, 'n Linux-bestuurstelsel gebaseer is. Die UbiquiStor stel stelseladministrateurs in staat om veelvuldige bergingstelsels te administreer - van arga"iese hardeware tot Raid-stelsels - deur middel van 'n algemene bestuurskoppelvlak.
"Dit gaan alles daaroor om berging en virtualisering moontlik te maak," s^e Andrew Brook, 'n tegnoloog by Maxtec. "Dit raak die optimale bestuur van bergingskapasiteit en knip ure kort van moeilike voor-konfigurasie wat tipies is wanneer meer tradisionele bergingsoplossings ge"installeer word.
"Die UbiquiStor-sagtewarelaag interpreteer verskeie hardeware inproppe en deel dit uit as 'n aantal spasieblokke," s^e Brook. Deur die gebruik van Java-gebaseerde bestuurs-GUI, kan IT-bestuurders spasie aan gebruikers toeken, data weerspie"el en alle berging bestuur wat aan die stelsel gekoppel is. Deur die gebruik van UbiquiStor word die toekenning van addisionele disketspasie aan gebruikers of die herskaling van bestaande ruimte 'n "sleep-en-los"-proses vir die IT-administrateur.
"Almal praat oor virtualisering," s^e Brook. "Dit is die enigste oplossing wat tans ware virtualisering lewer."
UbiquiStor sal in drie modelle in die mark beskikbaar wees, wat vir verskillende bergingsbehoeftes voorsiening maak. Die UBS100 werk met soveel as 650GB bruikbare bergingsruimte; die UBS200 verhoog tot twee teragrepe (TB), en die toppunt van die reeks, UBS500, steun tot vyf TB en maak voorsiening vir ho"ebeskikbaarheidscenarios en veelvuldige plasingsbehoeftes.
Finansi"ele oogpunt
Op die sakefront s^e Talbot die nuwe aanbieding sal ver gaan om die Maxtec se beeld in die mark as 'n "boksbeweger" te verander. Hy wys egter daarop dat UbiquiStor slegs `n deel sal uitmaak van die groep se fokus, en moet eerder gesien word as `n produk wat die maatskappy se bestaande produkte komplementeer.
Maxtec se boeke sluit aan die einde Augustus vir die jaar en Talbot s^e die groep se syfers is op koers. Die maatskappy het laer as verwagte syfers vir sy tussentydse resutate verklaar maar verwag herstel voor die einde van die finansi"ele jaar.
Talbot erken hy is besorg oor die likiditeit van die aandeel en Maxtec skiet volgens die nuwe JSE-noteringsvereistes nog tekort.
"Ons is bewus daarvan dat ons te min aandeelhouers het, maar ons ondersoek moontlikhede om hulle te vermeerder. Ek is vol vertroue dat ons voor die einde van die jaar aan die vereistes sal voldoen. Die enigste kwessie waaroor ons ons tans bekommer, en die enigste wat ons aandeelhouers sal raak, is die syfer onder in die regterhoek, en dit is waaraan ons werk."

