About
Subscribe

MTN kyk na uitbreiding

Phillip de Wet
By Phillip de Wet, ITWeb contributor
Johannesburg, , 11 Jul 2000

Sellul^ere netwerk MTN het 'n volfiliaal van M-Cell, genoteer of die JEB, geword. Johnnic Holdings, wat oor 'n uitvoerende aandeel in M-Cell beskik, s^e dit sal nou makliker wees om geld te bekom vir verdere uitbreiding in Afrika asook om 'n bod in te sit vir die tweede fisiese lyn lisensie in 2002 of 2003.

Transnet sal sy 23% direkte aandeel in MTN ruil vir 'n 24% aandeel in M-Cell, terwyl Johnnic beheer van die maatskappy behou deur 75 miljoen M-Cell aandele te koop van Transnet vir R2.5 biljoen.

Johnnic Communications sal later hierdie maand 'n regte uitgifte bekendstel om 'n voorspelde R3.8 triljoen in te samel om te betaal vir die M-Cell transaksie en die R1 biljoen se skuld wat aangegaan is in 'n vorige transaksie.

Saki Macozoma, besturende direkteur van Transnet, s^e sy maatskappy beskik nie oor die nodige hulpbronne om MTN te verskaf met die kapitaal wat hulle nodig het nie. "MTN moet groei en uitbrei, veral buite die grense van SA."

M-Cell voorsitter Irene Charnley s^e MTN het operasies in Uganda, Rawanda, Kameroen en Swaziland, en sal binnekort netwerke h^e in Kenia en Nigeria. Sy s^e die maatskappy is genader om betrokke te raak in die sellul^ere markte van Zimbabwe en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Daar is ook 'n moontlikheid vir samesmelting met ander Afrika-netwerke.

Charnley s^e 'n derde-generasie sellul^ere lisensie en die deregulasie van die vaste-lyn telekommunikasie mark sal meer geleenthede vir MTN bied en hiervoor is die ekstra kapitaal nodig.

"Die deregulasie van telekommunikasie maak ongelooflike geleenthede oop vir ons in SA. Ons wil onsself positioneer om in die toekoms 'n moontlike vol diens telekommunikasie operateur te word."

M-Cell besit die Orbicom satelliet besigheid, terwyl Transnet vir Transtel besit wat aanspraak maak op die grootste private telekommunikasie netwerk in Afrika.

Openbare ondernemings minister Jeff Radebe s^e die regering, deur middel van Transnet, sal 'n passiewe belegger in M-Cell wees, maar die opsie om daardie rol te verander sal oop bly.

Verwante stories:
Johnnic, M-Cell take full control of MTN

Share