About
Subscribe

Nuwe bergingspesifikasie goedgekeur

San Jose, Calif., 30 Aug 2001

Die finale spesifikasie vir Serial ATA 1.0 is gister by Intel se Developer Forum in San Jose, Kaliforni"e, aangekondig. Die nuwe spesifikasie, wat ontwerp is om die huidige parallel ATA fisiese bergingstandaard te vervang, bied 1.5Gbps oordrag vir hardeskyf, DVD- en CD-drywers.

Die koppelvlak sal in toekomstige moederborde en drywers vir tafel- en mobiele PCs ingestel word. Met `n lae pentelling, behoort die nuwe tegnologie stelselontwerpers in staat te stel om kleiner moederborde vir kleiner vormfaktore te ontwerp.

Die eerste ATA/1500 bergingsoplossings word in die eerste helfte van volgende jaar verwag en die ontwikkeling van meegaande produkte is reeds onderweg. Die spesifikasie is op `n tanti`emevrye basis beskikbaar.

Die 74 ondersteuners van die nuwe standaard sluit Dell, Intel, IBM, Maxtor en Seagate in.

Eksterne skakel:
Serial ATA Working Group

Share