About
Subscribe

Nuwe wurm tref Solaris, NT

By Jason Norwood-Young, Contributor
Johannesburg, 09 May 2001

'n Nuwe wurm - sadmine/IIS - buit 'n kwesbaarheid uit wat reeds vir twee jaar in Solaris bestaan om homself oor die te versprei. Hy breek ook deur 'n sewe maande oue sekuriteitsgaping in Microsoft IIS om webwerwe regoor die w^ereld te skend, volgens CERT.

Hoewel min nog bekend is oor die virus, kom dit voor of hy 'n aangetaste Solaris-bediener gebruik om ander kwesbare Solaris-bedieners en Microsoft-bedieners wat IIS gebruik, aan te tas. Sodra die wurm na 2000 IIS-kaste versprei het, vernietig hy die IIS-webbladsye.

Administrateurs wat wil naspeur of 'n virus op 'n Solaris-kas voorkom moet op die uitkyk wees vir 'n stamdop-inskrywing op TCP-poort 600; die gidse dev/cub en dev/cuc wat respektiewelik 'n opgawe het van masjiene wat onder verdenking is en verspreidingsgereedskap; en skrip wat met die wurm geassosieer word wat op die masjien voorkom. Kyk ook uit vir '+ +`, wat by die .rhosts-l^eers in die stam se tuisgids aangeheg is.

Aangetaste IIS masjiene se webbladsye sal met die volgende teks vervang wees: "f*** USA Government f*** PoizonBOx contact: sysadmcn@yahoo.com.cn."

Symantec is bewus van die virus, hoewel hy nog geen beskerming vrygestel het nie aangesien hy nog wag om 'n kopi'e van die virus te ontvang. Hy het egter die virus se verspreiding as "medium" aangeslaan.

Share