About
Subscribe

Nuwe wurm versprei ongewoon vinnig

By Jason Norwood-Young, Contributor
Johannesburg, 20 Apr 2001

Die Matcher-wurm, wat eers gister ontdek is, het alreeds oor SA en die w^reld versprei.

AVS Content s^ Matcher "saai verwoesting in SA en die maatskappy is oorval met oproepe vir oplossings teen die virus". Symantec bereken die virus se verspreiding as "hoog" (meer as 1 000 infeksies), hoewel die hy klein hoeveelhede skade veroorsaak en maklik is om te verwyder.

Die wurm, wat deur die tipiese Outlook Mail-adresboekmetode versprei, is maklik om raak te sien. Die onderwerplyn in e-pos-boodskappe waarop `n mens moet let, is "Matcher" en die teksboodskap lui: "Want to find your love mates!!! Try this its cool... Looks and Attitude Matching to opposite sex."

"Wanneer die aanhangsel, `Matcher.exe` uitgevoer word, kopieer die wurm homself na die Windows System-l^ergids as matcher.exe, waarna die wurm `n sleutel by die inskrywingslys voeg om hom in staat te stel om die l^er uit te voer wanneer die rekenaar weer aangeskakel word," s^ Clint Garrick, besturende direkteur van AVS Content Security.

"Na uitvoering, stuur die wurm homself na elkeen in die Outlook-adresboek met die bogenoemde e-pos. Die wurm sal in `n oneindige lus voortgaan om e-pos te stuur," s^ hy.

Die wurm verander ook die autoexec.bat-l^er - `n bondell^er wat outomaties in die Windows-selflaaiprogram uitvoer - sodat `n aangetaste rekenaar stilstaan wanneer hy self laai en die woord "Bugger" vertoon.

Dis maklik om die virus te verwyder. Die gebruiker moet die l^ergidssleutel "HKLM/Software/Microsoft/Windows/CurrentVersion/Run/{Default}=Windows System Directory/matcher.exe" asook die bykomende lyne in die autoexec.bat-l^er verwyder.

Share