About
Subscribe

OKOSA gee VANS 'n kans

Phillip de Wet
By Phillip de Wet, ITWeb contributor
Johannesburg, 04 Jun 2001

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van SA (OKOSA) het Vrydag 'n stel regulasies vrygestel wat volgens hom "die regulerings- en lisensi"eringsraamwerk vir waardetoevoegende netwerkdienste (VANS) en private telekommunikasienetwerke (PTNs) sal voltooi".

Die regulasies kom bykans agt maande nadat die liggaam `n stel konsepriglyne gepubliseer het wat daarop gemik was om die reguleringsraamwerk te verduidelik.

Ingesluit in die regulasies is voorstelle vir VANS en PTNs, wat vir 'n 30-dae tydperk oopgestel is vir kommentaar, asook wetlike aspekte wat hy hoop in die opkomende Telekommunikasiewet-Wysigingswetsontwerp vervat sal word.

Van die belangrikste implikasies van die regulasies is 'n volledige wettiging van virtuele private netwerke (VPNs), die uitsluiting van 'n swart bemagtigingskomponent vir alle VANS-lisensiehouers en die voortgesette vereiste dat alle Internetdiensverskaffers (ISPs) as VANS gelisensie"er word.

Die regulasies gee effektiewelik aan VANS-lisensiehouers die reg om bandwydte te herverkoop en die behoeftes van sy kli"ente in `n koste-effektiewe wyse te konsolideer, `n kwessie wat lankal `n twisappel tussen VANS en Telkom is.

Definisie van `n VPN

In 'n komplekse besluit het OKOSA bevind dat VPNs totaal wettig is solank die VANS-operateur wat die VPN voorsien sy lisensievoorwaardes nakom. Hierdie voorwaardes vereis dat die VANS-verskaffer waarde deur sy dienste toevoeg en nie enige soort stemverkeer dra nie.

OKOSA definieer 'n VPN as iets wat geskep is "deur die toepassing van sagtewaregebaseerde tegnologiese ingryping in die bedryf van die VANS" om doelstellings soos privaatheid en betroubaarheid te bereik. "`n VPN is nog 'n vlak bo die VANS, wat op sigself 'n tweede vlak is bo die telekommunikasiegeriewe wat van Telkom verkry word, en in die konstruksie van 'n waardetoevoegende netwerk gebruik word," het die liggaam ges^e.

Hy het geen twyfel gelaat dat sulke "tegnologiese ingryping" vir VANS-verskaffers toegelaat word nie. OKOSA s^e lisensiehouers is "daarop geregtig om enige tegnologiese hulpbronne (oortollige kapasiteit en tegnologiese ingryping) en bestuursvaardighede (bestuur van die oortollige kapasiteit en tegnologiese ingryping) toe te pas om verwerking, pakketering en enkripsie te doen om aan kli"entevereistes met betrekking tot beskikbaarheid, betroubaarheid en sekuriteit te voldoen".

In eenvoudiger terme: 'n VPN kan gebruik word om 'n virtuele PTN te skep, solank die netwerk nie die geregtelike verbod op die dra van stemseine verbreek nie. VANS-verskaffers glo dat deur die datanetwerkbehoeftes van `n groep kli"ente te kombineer, kan hulle mededingende pryse met Telkom bied op baie groot bandwydtepype.

Mike van den Bergh, voorsitter van die SA VANS Association (SAVA), s^e herverkoop is 'n "aaklige" woord om te gebruik. "Om net 'n []lyn te neem en dit op te sny, is nie toevoeging van waarde nie, of so sou ek s^e," het hy gewaarsku.

Vereiste swart eienaarskap, fooie en ISPs

'n Vereiste in die konsepregulasies verlede jaar dat alle VANS 'n minimum van 15% bemagtigingsaandeelhouding deur voorheen benadeelde individue of groepe moet h^e, is laat vaar, in navolging van kommunikasieminister Ivy Matsepe-Casaburri se siening oor die saak.

"Ons is ingehaal deur die minister se konsepbeleidsriglyne," s^e OKOSA-raadslid William Currie. Die minister het die voorgestelde beleidsriglyne in Maart gepubliseer wat `n bemagtigingsaandeelhouding slegs van groot, nuwe lisensies vereis en OKOSA s^e VANS val nie in daardie kategorie nie.

Aansoekfooie vir beide VANS en PTNs is op R5 000 vasgestel, na klagtes dat die voorgestelde R10 000 buitensporig was. Die voorstel staan steeds dat `n VANS-verskaffer `n jaarlikse fooi van R15 000 vir sy lisensie betaal, terwyl PTNs jaarliks R10 000 betaal. OKOSA het die voorstel laat vaar dat alle lisensiehouers 0.25% van hul jaarlikse omset aan die Universal Service Fund betaal, aangesien die ministeri"ele riglyne OKOSA sal dwing om sulke betalings te vereis wat nie 0.5% van die omset sal oorskrei nie.

Dit laat PTNs steeds met 'n potensi"ele probleem wat deur die bedryf ge"identifiseer is. Volgens die letter van die beleid kan daar van `n groot onderneming soos `n of kleinhandelaar wat van `n private netwerk gebruik maak, verwag word om `n halfpersent van die totale omset van sy onderneming aan die Universal Service Fund oor te betaal, selfs al gebruik hy die netwerk net intern.

'n Plan is ook laat vaar om die vereiste te skrap dat ISPs VANS-lisensies moet h^e, ten einde die mark vir mikro-verskaffers oop te maak. "Weens `n gebrek aan bedryfskonsensus oor die basis van differensiasie tussen Internettoegangsverskaffers (IAPs) en ISPs, sluit die voorgestelde regulasies ook [die vorige voorgestelde regulasie] uit," s^e OKOSA.

Minister/Telkom om op te tree?

Die implementering van die regulasies hang af van goedkeuring deur minister Matsepe-Casaburri, wat 'n geskiedenis het dat sy die reguleerder se voorstelle verwerp. OKOSA hoop dat die wysigings aan die Telekommunikasiewet ingesluit sal word in `n opdatering van die wet om voorsiening te maak vir die bekendstelling van die tweede nasionale operateur volgende jaar. Die minister moet ook goedkeuring gee vir regulasies wat geen verandering aan die wetgewing vereis nie.

Maar Currie s^e selfs 'n volslae verwerping van al die voorstelle sal dit nie betekenisloos maak nie.

"Natuurlik is daar 'n moontlikheid dat hulle nie deel van die wetgewing sal word nie," het hy ges^e. "Ten beste is dit dan die uiting van die owerheid se standpunt."

SAVA se Van den Berg het min hoop vir die onmiddellike implementering van die VPN-besluit, wat volgens hom van Telkom sal vereis om sommige VANS van bandwydte te voorsien wat hy gedurende die geskil weerhou het. Hy verwag dat die operateur sal wag tot hy wetlik verplig word om die dienste te koppel.

"Ons het steeds nodig dat OKOSA Telkom opdrag moet gee om die bandwydte te verskaf," s^e hy. "Ek sal aangenaam verras wees as hulle hierop reageer. Hulle sal nie. Die geskiedenis het bewys dat hulle nie sal nie."

Telkom het verlede jaar begin om nuwe VANS datatoegang te weier. Volgens die maatskappy was dit om homself teen die onwettige herverkoop van dienste te beskerm.

Telkom s^e hy bestudeer nog die regulasies en sal moontlik later die week in 'n posisie wees om konstruktief kommentaar te lewer.

OKOSA se webwerf was weens `n tegniese probleem nie oor die naweek beskikbaar nie, maar die volle regulasies sal na verwagting die week by http://www.icasa.org.za beskikbaar wees.

Share