Die Minister van Kommunikasie, Ivy Matsepe-Casaburri, het die naweek die Digitale Uitsaai-Adviesliggaam (DUAL) en 'n produksie-eweknie bekend gestel. Sy het ges^e die twee instansies moet tegniese standaarde bepaal en vorendag kom met inhoudstrategie"e wat plaaslike uitsaai-inhoud op die Internet sal bevorder.
Die DUAL is saamgestel uit 12 tegniese en kommunikasie-deskundiges uit die bedryf en akademiese w^ereld terwyl die SA Uitsaaiproduksie-Adviesliggaam uit vervaardigers en uitsaaiers bestaan.
Die twee instansies is onder die bepalings in die Witskrif op Uitsaaibeleid en die Uitsaaiwet daargestel. Volgens die departement moet hulle hom van advies bedien oor ho"evlak-beleid in die sektor, veral oor maniere om groei aan te moedig. Hulle moet voorts ook bydraes in ander adviesprosesse lewer soos President Thabo Mbeki se presidensi"ele taakgroepe oor tegnologie en kommunikasie.
"Die Regering het die twee instansies in die lewe geroep om in tred te bly met globale tegnologiese ontwikkelings en om innoverende maniere te vind om plaaslike inhoud in die veranderende uitsaai- en kommunikasie-omgewing te bevorder," het die departement in 'n verklaring ges^e. Die DUAL sal "die regering se optrede bepaal wat nodig is om mededingendheid, kwaliteit en kwantiteit in die digitale omgewing te handhaaf."
Matsepe-Casaburri s^e die ideaal is om 'n langtermyn strategie op te stel om "te verseker dat alle Suid-Afrikaners se lewens geraak en bevoordeel word deur nuwe digitale tegnologie"e."
Alison Gillwald, direkteur van die LINK (Learning, Information and Knowledge) Sentrum van die Universiteit van die Witwatersrand, sal aan die hoof staan van DUAL. Die ander lede is: Solly Mokoetle van die SABC, Deon Conradie van Sentech, Clarissa Mack van MultiChoice, die kommunikasiekonsultante Mlamli Booi en Harold Bopalamo, Soraja Milin en Tshepo Rantho van Orbicom, Brian Armstrong van die WNNR, Peter Burnett van die Technikon Natal, Lesaga Mogadime van Telkom, en advokaat Cawe Mahlati.
Andile Ngcaba, direkteur-generaal van die Departement van Kommunikasie, s^e die liggaam sal moontlik vir 'n jaar tot 18 maande met sy werksaamhede besig wees.
Gillwald, voorsitter van die DUAL, s^e sy hoop dit kan help om onsekerhede oor digitale uitsendings in die algemeen uit die weg te tuim. "Digitale uitsending in 'n ontwikkelende land soos SA het 'n kataliserende rol te speel om kennisinfrastruktuur te versterk."

