`n Opname wat in die Wes-Kaap gedoen is, het bevind die grootste uitdaging wat die IT- en telekommunikasiebedryf in die gesig staar, is die koste van bandwydte en die tekort aan ervare IT-werkers.
Die studie wat onderneem is deur die ontwikkelingsinstelling, Cape IT Iniciative (CITI), en Wesgro, het bevind die IT-bedryf kan verder groei as die vaardigheidstekort opgelos word.
Die Wes-Kaapse hooffokus in die IT-bedryf is sagteware en dienste-ontwikkeling, dikwels op die rug van die suksesvolle versekerings- en kleinhandelbedrywe.
Volgens die vraelys en opvolg-onderhoude met 250 IT- en telekommunikasiemaatskappye in die Wes-Kaap is die provinsie se klimatiese stabiliteit die grootste trekpleister vir organisasies.
"Ons het geen blitse hier nie, wat dit ideaal maak vir die IT-bedryf om kantore in die streek te open. Nog `n faktor is die ho"e vlak van opleiding in die streek," s^e CITI se uitvoerende direkteur, Peter Framton.
Die opname het ook vasgestel dat baie internasionale maatskappye in die Wes-Kaap gesetel is. Framton s^e veral Europese maatskappye benut die gunstige wisselkoers om hul ondernemings te vestig en produkte aan Europa te verkoop.
"Maatskappye verdien nie net in pond en spandeer in rand nie, maar die streek het `n goeie telekommunikasie-infrastruktuur en dieselfde tydsone as Europa."
Groot netwerkvoorsieningsmaatskappye soos UUNet, The Internet Solution, M-Web en World Online het almal hoofkantore in die streek. Saam beheer hierdie maatskappye 80% van die tuisnetwerkvoorsieningsmark.
Framton merk op dat hoewel die IT-bedryf in die Wes-Kaap nie die grootste is nie, is dit lewendig, kreatief en groeiend.
"`n Klomp maatskappye werk saam en dit is waar kleiner maatskappye `n voordeel het. Die nuwe ekonomie is besig om `n baie meer netwerkende ekonomie te word."

