About
Subscribe

Stratus verander ratte met Wintel

By Jason Norwood-Young, Contributor
Johannesburg, 06 Jun 2001

Die verkoper van ho"ebeskikbaarheidbedieners, Stratus, het sy reeks ftServers bekend gestel wat op Intel-verwerkers gebaseer is en oor 'n Microsoft-bedryfstelsel beskik. Die skuif lui 'n nuwe era in vir Stratus, wat in die verlede slegs die VOS-bedryfstelsel op patenthardeware ondersteun het.

Volgens David Chalmers, Stratus se produk- en tegnologiedirekteur vir Europa, die Midde-Ooste en Afrika, is die skuif veroorsaak deur 'n groter aanvraag vir ho"e beskikbaarheid in die IT-mark. Dit het Stratus na sy ontwikkelingslaboratoria gestuur om vorendag te kom met oplossings teen heelwat laer prys/prestasie-verhoudings as wat sy tipiese klante bereid was om te betaal.

"Tradisioneel sou jy Stratus in plekke vind waar die transaksie se waarde maklik geregverdig kon word. Tog is die behoefte aan beskikbaarheid aan die toeneem. Ons moet ons tegnologie na 'n heel ander pryspunt aandryf," s^e Chalmers.

Die nuwe familie produkte beskik oor die Intel 800MHz Pentium lll-verwerker in die middelvlakprodukte en die 750MHz Plll Xeon in die middel- tot ho"evlakprodukte.

Stratus hoop om Intel se 64-bis verwerker teen 2003 in sy reeks op te neem en beplan ook om Intel-gebaseerde ho"edigtheid, laevlak bedieners in 1u en 2u-formfaktore bekend te stel.

Die stelsels sal Windows 2000 Datacenter Server, Microsoft se ho"ebeskikbaarheidbedryfstelsel wat op die Windows 2000-kern gebaseer is, asook Windows 2000 en Windows 2000 Advanced Server steun.

Stratus het saam met Microsoft gewerk om die toestelsdrywers te verstewig, die hardewareonttrekkingslaag te verbeter om die inherente oortolligheid in die Stratus-stelsels te hanteer, en sy eie patentsagtewaretegnologie met die bedryfstelsel te integreer.

Stratus sal die ftServer 5200 en 3200 van aanstaande maand af vrystel.

Share