About
Subscribe

Telkom gaan in 2001 noteer, s^e regering

Johannesburg, 17 Jan 2001

Telkom se raad en regeringsverteenwoordigers het Dinsdag bevestig dat die maatskappy vanjaar op die Suid-Afrikaanse aandelebeurs (JSE) gaan noteer.

In `n kort verklaring wat Dinsdagaand uitgereik is, s^e Telkom `n vergadering van sy raad, die minister van kommunikasie, Ivy Matsepe-Casaburri, die minister van finansies, Trevor Manuel, en die minister van openbare ondernemings, Jeff Radebe, het tot die aankondiging gelei.

Elk van die drie departemente is verantwoordelik vir `n ander aspek van die noteringsproses en verteenwoordig gesamentlik die regering se aandeelhouding in die maatskappy.

"Die vergadering het bespiegelings bygel^e dat daar verdeeldheid tussen die regering en Telkom se raad bestaan," het Telkom ges^e. "Die ministers het hul vertroue in Telkom se raad en hul leierskap in hierdie uitdagende tydperk bevestig."

Bespiegelings dat die notering tot 2002 uitgestel kan word is deels geblameer vir die rand se insinking verlede week, toe dit in `n stadium teen `n rekord laagtepunt van R8 teen die dollar verhandel het.

Markontleders s^e die verklaring is `n duidelike reaksie op die gerugte en dat die verbintenis tot die notering as `n positiewe teken beskou sal word, maar dit mag moontlik nie `n groot rol speel in die stabilisering van die geldeenheid nie.

Telkom s^e ook die ministers het hom verseker dat die telekommunikasiebeleidsraamwerk wat vir `n suksesvolle notering vereis word teen die eerste kwartaal van die jaar afgehandel sal wees. `n Colloquium oor die verlangde vorm van die post-mededingingsmark en die regulasies wat nodig is om dit te skep, is vir Februarie geskeduleer. `n Finale beleidsdokument word kort daarna verwag.

Wysigings tot die Telekommunikasiewet sal na verwagting deur die parlement^ere goedkeuringsproses versnel word.

Share