About
Subscribe

Telkom vat MTN, Vodacom hof toe

Johannesburg, 15 Aug 2000

Telkom het vandag vir `n hofbevel aansoek gedoen in `n poging om MTN en Vodacom daarvan te weerhou om, wat hulle beskryf as PABX-roteertoerusting, te verskaf. Telkom beweer dat die toerusting die Wet op Telekommunikasie, asook die lisensies wat MTN en Vodacom hou, oortree.

Telkom het verder `n klag by die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van SA ingedien, omdat MTN en Vodacom na bewering in `n prys diskriminasie teen hulle betrokke is.

Die gewraakte toerusting is `n mobiele byvoegsel tot `n korporatiewe PABX-sisteem wat selfoonoproepe direk roteer na `n mobiele netwerk en Telkom se landlyn netwerk omseil. Die hardeware verskaf `n direkte koppeling na die naaste sellul^ere stasie en onderskep inkomende en uitgaande oproepe.

Telkom s^e dat maatskappye wat van die toerusting gebruik maak volume-afslag kry, terwyl Telkom `n vaste tarief op oproepe van hulle netwerk na selfone moet betaal. Hulle s^e verder dat so `n diens op prys diskriminasie neerkom en dat dit landlyn kli"ente benadeel.

"Dit is moeilik om die omvang te kwantifiseer," s^e Andrew Weldrick, Telkom se mediaverhoudings bestuurder. "Ons weet dat die praktyk tot so ver as 1997, of selfs vroe"er, teruggaan." Hy s^e dat dit moeilik is om te bepaal hoeveel verkeer deur die soort sisteem geroteer word en dus ook moeilik is om die skade wat Telkom gelei het, te beraam.

"Die afgelope twee jaar het Telkom verskeie pogings aangewend om die mobiele operateurs van hulle onwettige gedrag te laat afsien, maar sonder sukses," s^e die maatskappy in `n verklaring. "Pleks daarvan het die maatskappye hulle bemarkingsveldtog van die roteertoerusting verskerp." Telkom s^e verder dat klagtes ook by die Suid-Afrikaanse Kommunikasie Owerheid se voorganger, die SA Telekommunikasie Beheerowerheid, ingedien is, maar dat dit nooit aangespreek is nie.

Die verskaffers Plessey Cellular, Vodac, Cellular Operations, Nashua en Nokia word ook as respondente in die saak genoem.

MTN s^e dat hulle die saak sal beveg. "Ons is bewus van die voorgenome aksie en het regsadvies ingewin," s^e MTN se woorvoerder Jacques Sellschop. "Ons vertrou dat ons huidige aksies heeltemal wettig is en sal dit dienooreenkomstig verdedig."

`n Verkoopsverteenwoordiger wat deur ITWeb genader is s^e dat die PABX-toerusting op dieselfde wyse as kontrak selfone gesubsidieer word, en "dat mens nie eintlik moet betaal vir die installasie daarvan nie."

"Maar sodra jy die toestel by jou skakelbord ingeprop het, moet Telkom dit vir jou programmeer en party mense by Telkom dink dis onwettig," het hy ges^e, maar bygevoeg dat dit wel moontlik is om die programmering te laat doen.

Telkom s^e dat MTN en Vodacom die nodige wetlike papierwerk teen die einde van die dag sou ontvang het en dat hulle `n uitslag op hulle dringende aansoek om `n interdik nog die week verwag.

Share