About
Subscribe

Telkom verskaf VOIP PBX

Johannesburg, 26 Aug 2000

Die NBX 100, die eerste plaaslike areanetwerk (LAN) PBX sisteem uit die vennootskap tussen Telkom en 3Com, is gisteraand aan kli"ente en die media bekendgestel.

Dit gebruik Ethernet om PBX sisteme te verskaf en ondersteun beide sagteware en fisiese telefone. 3Com s^e dat dit sal kan werk op bykans enige bestaande netwerk wat voorkeur van stempakkette kan ondersteun. Daar is `n maksimum van 150 verbindings.

Telkom se uitvoerende beampte vir produkontwikkeling, Dan Winters, s^e die NBX 100 sal duurder wees as `n soortgelyke grootte tradisionele PBX, maar dat die koste van eienaarskap verminder sal word deur stem en in `n enkele netwerk saam te voeg.

"Daar is heelwat koste besparing aangesien jy veelvuldige funksies van die netwerk af bedryf en dit verminder jou bestuur," s^e hy.

Die sisteem het ingeboude funksies soos caller ID, multivlak outomatiese stem response, persoonlike rekenaar integrasie en oproep hantering. Dit word ook aangeprys as `n oproepsentrum oplossing.

Die sisteem kan egter wetlike probleme op die hals haal as gevolg van sy bevoegdhede. 3Com s^e dat een die groot trekpleisters van die NBX 100 is dat dit stemverkeer oor `n korporatiewe wye areanetwerk (WAN) toelaat, wat onwettig onder die Wet op Telekommunikasie asook Telkom se eie lisensie kan wees.

"Daar is sommige bevoegdhede wat ons moontlik nie sal kan gebruik nie," s^e Winters. "Ons stel dit as `n LAN produk bekend. Daar is baie vrae wat gevra word en die mark wil h^e dat ons dit as `n WAN produk aanwend, maar op die oomblik weet ons nie genoeg van die wetlike kwessies wat daarmee gepaardgaan nie."

Hy stel dat Telkom die verskillende opsies sal bekyk wat gevolg kan word om die sisteem as `n WAN te bedryf sonder om te wet te oortree. "Ons glo dat die boks genoeg funksionaliteit het sodat ons dit kan bestuur sonder om in die moeilikheid te kom."

Winters s^e dat die tipe LAN produkte vrygestel word in afwagting op `n bevryde mark waar dit wettig sal wees om al die bevoegdhede te gebruik.

Die sisteem sal onder beide handelsmerke verskyn en kan dadelik bestel word. Telkom s^e dat hulle `n toegewyde ondersteuningspan vir LAN produkte sal h^e. Nog `n doelwit is om installasies en herstelwerk binne 24-uur te voltooi.

Share