Vodacom en Absa Bank stel Maandag hulle mobiele Internet-bankdiens bekend. Die diens is gebaseer op 'n 32k SIM-kaart, SMS en draadlose Internet-deurgangstegnologie.
Dit is die tweede diens van sy soort in Suid-Afrika. In Augustus verlede jaar het Absa en MTN saamgespan en mobile bankdienste aangebied. Absa s^e dat die Vodacom inisiatief 'n sterker bemarkingspoging as die MTN-alliansie sal h^e. MTN was nie beskikbaar vir kommentaar met publikasie nie.
Vodacom se sellul^ere bankdiens gaan aanvanklik in Gauteng bekendgestel word. "Van Maandag af gaan ons toegang tot Vodacom se meer as vyf miljoen gebruikers en Absa se ses miljoen klante gebruik om die mobiele bankdiensmark vas te vang," s^e Santie Botha, Absa se groepsuitvoerende-direkteur verantwoordelik vir e-handel.
Die diens word in staat gestel deur Vodacom se 32k SIM-kaart, wat gebruikers toelaat om kieslyste op hulle selfone af te laai en 'n ligte weergawe van Absa se Internet-bankdienste te gebruik. Die 32k kaart laat ook die enkodering van inligting wat gestuur, of ontvang word, toe.
SMS word gebruik om pakkies data vanaf en na die selfoon te stuur. Absa s^e dat daar besluit is om SMS eerder as WAP te gebruik omdat dit goedkoper vir die verbuiker is.
"Mobiele handel is nie fiksie nie; dit is 'n werklikheid. Dit is 'n paradigma wat besig is om die wyse waarop ons werk en leef te verander. Die selfoon gaan die instrument vir meeste daarvan wees," s^e Joan Joffe, Vodacom se groepshoof vir korporatiewe sake.
Die diens kos R12 per maand en transaksiekoste wissel tussen R1 en R2. Die 32k SIM-kaart verkoop teen 'n voorgestelde R150. Nuwe intekenare sal nie die maandelikse intekening- en transaksiekoste vir die eerste drie maande wat die diens beskikbaar is, hoef te betaal nie.
Absa s^e dat R1 miljoen reeds op agterkant-integrasie vir die diens gespandeer is. Die bank se reklame uitgawes sal uit die Internet-bemarkingsbegroting kom. Vodacom gaan R1 miljoen op reklame uitgee.

