About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Telecoms
  • /
  • Vodacom hoop om 1800MHz-dienste teen November te bekom

Vodacom hoop om 1800MHz-dienste teen November te bekom

Phillip de Wet
By Phillip de Wet, ITWeb contributor
Johannesburg, 02 Oct 2000

Vodacom hoop hy en sy mededinger, MTN, sal aan die einde van Oktober toegang verkry tot die 1800MHz-radiofrekwensie. Indien nie, kan die koste van verminderde oproepe op die sellul^ere netwerke in Desember toeneem.

Die sellul^ere ondernemings is onmiddellike toegang tot die 1800MHz-spektrum geweier, wat hulle meen noodsaaklik is vir hul toekomstige besigheid. Hoewel die 900MHz-spektrum waar hulle tans optree makliker seinverspreiding toelaat, dra dit minder en stemkanale as die duurder tegnologie van 1800MHz.

Die oplossing l^e in die openbare verhore oor die spektrumkwessie wat in Oktober deur die telekommunikasiebeheerliggaam, die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika, gehou word.

"As daar by die verhore nie sterk teenkanting is nie, kan 1800MHz aan die einde van Oktober aan ons toegeken word," s^e Andrew Mthembu, Vodacom se besturende direkteur.

Diegene wat voorheen beswaar aangeteken het, sluit voorsieners van toegevoegdewaarde-netwerkdienste in, wat glo hul besigheid sal aangetas word as sellul^re verskaffers draadlose ryk datadienste kan aanbied. Mthembu verwag nie dat hulle hul siening sal verander nie.

"As ek hulle was, sou ek ook beswaar aangeteken het," s^e hy. "Ons benodig nou 1800MHz vir addisionele kapasiteit, maar ons sal vorder op die waardeketting tot dienste soos mobiele data."

Vodacom s^e hy het reeds R11,4 miljard spandeer op sy netwerk sedert hy aan die begin van 1994 tot die mark toegetree het. Hy gaan in die 2000/2001 belastingjaar R3,7 miljard meer aan kapitale projekte bestee, deels om kapasiteit te bou weens verwagte kompetisie. Tussen R60 miljoen en R70 miljoen daarvan is egter reeds bestee om die Gauteng-netwerk te optimaliseer, `n oefening wat die maatskappy meen onnodig sou wees as dit nie was vir die voetslepery met regulasies nie.

"Sowat ses maande gelede het ons die verskaffers van ons netwerk ingeroep om met `n kreatiewe plan vorendag te kom, `n eerste ter w^reld, om die frekwensieplan [vir Gauteng] in sy geheel op te knap," s^e Mthembu.

Die sellul^ere maatskappye het `n lang bespreking gehad dat hoewel hulle addisionele kapasiteit uit die beskikbare spektrum kan pers, is dit nie koste-effektief nie.

"As jy uitgawes so bekyk, neem dit toe en iemand moet daarvoor betaal," s^e Mthembu van die frekwensie-herbeplanning. "Gewoonlik is dit uiteindelik die verbruiker." Hy s^e Vodacom se maatre"els sal slegs ho"e kwaliteit netwerkbeskikbaarheid tot die einde van Desember verseker. Daarna sal Gauteng die gevolge moet dra van die oorlading van die lugwe"e.

Selfs met die beskikbaarheid van 1800MHz en die beskikbare datadienste wat dit gebruik, sal Vodacom steeds binne vyf jaar R15 miljard of meer moet spandeer om `n derdegenerasienetwerk te skep.

"Dit kan dieselfde vlak van uitgawes, of selfs meer, as ons huidige netwerk bereik," s^e Mthembu van die ho"edatakoers-derdegenerasienetwerke wat na verwagting tussen 2001 en 2007 bekend gestel sal word. "Almal volg daardie roete, maar ons sal baie mooi daarna moet kyk in terme van belegging. Maar as die owerheid skielik `n 3G (derdegenerasie) beskikbaar stel, sal ons vir `n 3G-lisensie bie."

Die grootste deel van die maatskappy se kapitale uitgawes tot op datum word befonds uit sy reusagtige kontantvloei, maar Mthembu s^e nog `n manier om geld in te bring, waarskynlik notering, sal gevind moet word teen die tyd dat `n derdegenerasienetwerk gebou word.

"Soos wat ons meer na die onderpunt van die mark beweeg, sal ons gemiddelde inkomste per gebruiker afneem. Ons sal binne twee of drie jaar nie dieselfde vlak van winsgewendheid h^e nie."

Share