Die Russiese teenvirus verkoper, Kaspersky Lab, het 'n nuwe generasie Windows 2000 virus ontdek wat, hoewel dit nog nie losgelaat is nie, as uiters gevaarlik beskou word as dit sou gebeur.
Die eerste iterasie van die nuwe "Stream Companion" generasie virus staan bekend as die W2K.Stream en maak misbruik van die Windows 2000 NTFS l^eersisteem, wat die gelyktydige uitvoering van veelvuldige datastrome toelaat.
Die strome wat potensieel vir kwaadwillige doeleindes gebruik kan word sluit onder meer in onafhanklike uitvoerbare programmodules, sowel as verskeie diensstrome om l^eertoegangsregte, enkoderingsdata, verwerkingstyd en so meer te manipuleer.
Daar word verwag dat dit moeilik sal wees op di'e virus, asook ander soortgelyke virusse, te bespeur aangesien teenvirus programme slegs die hoof datastroom nagaan. "Baie teenvirus produkte gaan uitgedien raak en verkopers sal gedruk wees om dringend hulle teenvirus enjins te herontwerp," s^e Eugene Kaspersky, hoof van teenvirus navorsing by Kaspersky Lab.
"Hierdie virus is die begin van 'n nuwe era in die skepping van virusse," s^e Kaspersky. "Die 'Stream Companion' tegnologie wat die virus gebruik om homself in l^eers in te plant, maak bespeuring en ontsmetting uiters moeilik."
Komperkappers "Benny" en "Ratter" het die W2K.Stream virus in die Tsjeggiese Republiek aan die einde van Augustus geskep.
Die W2K.Stream virus is 'n Windows-toepassing wat deur 'n Petite PE EXE l^eerkompressor saamgepers word en is omtrent 4kb groot. Wanneer dit loop, besmet dit al die EXE l^eers in die huidige gids en gee dan weer beheer terug aan die gasheerl^eer.
Terwyl dit 'n l^eer besmet, skep die virus 'n nuwe stroom wat met die slagofferl^eer verbind word. Die stroom se naam is "STR". Die virus skuif daarna die slagofferl^er na die STR-stroom en skryf dan sy eie viruskode oor die slagofferl^eer.
As 'n besmette l^eer dus uitgevoer word, lees Windows die verstekstroom en voer dit uit. Windows rapporteer ook dieselfde l^eergrootte ( die lengte van die virus ) vir al die besmette l^eers.
Kaspersky Lab het beskerming teen die stroomvirus by hulle daaglikse opdatering van AntiViral Toolkit Pro, gevoeg.

