Subscribe

10GHz-prosesseerders in die pyplyn


Johannesburg, 12 Dec 2000

Intel het Moore`s Law vir die volgende vyf jaar beveilig, n'a die aankondiging van die ontwikkeling van 0.03-mikron-tegnologie, wat die maatskappy glo hom in staat sal stel om 10GHz-prosesseerders teen die jaar 2005 te ontwikkel.

Die nuwe CMOS-transistors - wat net drie atomiese lae dik is - sal Intel se prosesseerders van die toekoms in staat stel om teen 'n spoed van 10 miljard siklusse per sekonde te hardloop.

Moore, een van Intel se stigters, s^e prosesseerders se spoed sal elke 24 maande verdubbel - 'n tydraamwerk wat Intel tot 18 maande verminder het. Die tegnologie wat vereis word om Intel deur die volgende vyf jaar te neem, beveilig die wet wat die mikroskyf-maatskappy se bekendstellingskedule vir jare oorheers het.

"Hierdie deurbraak sal Intel in staat stel om toenemend die prestasie van mikroprosesseerders te verbeter en hul koste vir die volgende paar jaar te verminder," s^e Calum Chisholm, 'n bestuurder van Intel SA.

"Namante ons navorsers onbevaarde waters betree, verby die beperkings wat voorheen van silikoongradering verwag is, vind hulle Moore`s Law steeds ongeskonde."

Volgens Chilsholm werk prosesseerders nie in 'n vakuum nie en vereis hulle vordering van ander tegnologie-vennote om werklik die spoed van 'n persoonlike rekenaar (PR) te verhoog. Die spoed van bus-argitektuur, geheue, disketaandrywers, video en ander aanvullende tegnologie"e moet almal verhoog om PR-prestasie teweeg te bring.

"Tegnologie is 'n gebalanseerde platform. Ons het vennote en die gemeenskap nodig om die tegnologie te ontwikkel."

'n Ander IT-kommer wat van besondere belang vir die plaaslike mark is, is bandwydte, aangesien ho"e bandwydte - wat in staat is om multimedia-inhoud te lewer - 'n groot verbruikeraansporing vir vinniger prosesseerders is.

Dit word ook van vennote vereis om toepassings te ontwikkel wat die krag kan waarborg wat 'n 10GHz-prosesseerder sal bied. Intydse spraakvertaling, karakterherkenning en ho"evlak grafiese toepassings sal na verwagting ontwikkel word om die moontlikhede te benut van 'n mikroskyf wat 400 miljoen berekenings in 'n oogwink kan doen.