About
Subscribe

Absa 'verbind tot gratis Internet`

By ITWeb
Johannesburg, 04 Jul 2001

Absa is by Dinsdagaand se First Tuesday-geleentheid onder die soeklig geplaas en het vrae rakende sy gratis Internetstrategie beantwoord.

Santie Botha, groepuitvoerende direkteur van Absa, het interessante statistiek onthul en die sluier gelig oor die maatskappy se oogmerke en vrese.

Absa se gratis Internetaanbieding is vyf maande oud en het 225 000 intekenare. Daar is nog nie uitsluitsel oor die volhoubaarheid van die gratis aanbieding nie en Botha was versigtig in haar gerusstellings. "Op hierdie oomblik is Absa verbind tot gratis onbeperkte Internettoegang," het sy ges^e. "Van 'n interne perspektief het ons in detail na die syfers gekyk. Ons is daartoe verbind om dit voort te sit."

Met Affinity wat nuwe vennote wen waardeur sy gratis Internetpakket bekend gestel kan word, meen Botha dat toenemende mededinging Absa kan dwing om "baie vinnig aan te pas".

"Dit het my verbaas dat iemand met 'n ISP nie vinnig teruggekom het met 'n aanbieding nie, aangesien die markdinamika voortdurend verander en ons op verskeie fronte voorbereid moet wees," s^e sy.

Absa se intekenarebasis groei met 800 nuwe intekenare per dag. Sedert die bekendstelling van sy gratis Internetdiens, het die intekenarebasis van sy aanlynbankdiens met 40% toegeneem van 153 000 tot 210 000 intekenare. Tans het 40% van die intekenare tot die gratis Internetdiens 'n bestaande verhouding met Absa, terwyl 70% ingestem het om bemarkingsinligting van die te ontvang. "Die potensiaal van die gratis Internettoegangsbasis is ongelooflik," het Botha ges^e.

Volgens Botha het die maatskappy R5 miljoen op die bemarking van die projek bestee en deur die inisiatief die waarde van R30 miljoen se gratis mediadekking ontvang - beide positief en negatief.

Share