'n E-pos-poets wat o"enskynlik van Absa se hulptoonbank afkomstig is, beweer die bank het 'n virus in sy rekenaarstelsel. Die poets raai Absa-kli"ente aan om al hul geld voor middernag vanaand (Donderdag) uit Absa-rekenings te onttrek.
Absa het bevestig dat die e-pos 'n gekskeerdery is, hoewel die bank nie seker is na wie die e-pos uitgestuur is nie. Hy glo die boodskap is selektief eerder as in 'n massa uitgestuur, aangesien die bediener massa e-pos sou opspoor. ITWeb het die e-pos deur 'n gratis Absa e-posrekening ontvang.
Ondertussen word 'n tweede poets hoofsaaklik per faks versprei wat beweer die bank word gelikwideer en dat hy beplan om kostes vir sy gratis Internettoegang te hef. Absa ontken die bewerings en s^e dit is "verregaande".
Absa se Forensiese en Ondersoekdepartement is tans saam met die groep se IT-spesialiste besig om die oorsprong van albei boodskappe te ondersoek met die oog om sterk stappe te doen.
"Die e-pos is totaal en absoluut vals," s^e Steve Matthewson, bestuurder van Absa se mediaverhoudinge. "Daar is geen virus nie en geen kans vir 'n virus nie. Dit is geheel en al 'n gekskeerdery."
Volgens die e-pos se opskrif is die boodskap afkomstig van 'n Sun-bediener wat deur M-Web besit word (jhb-imta.mweb.co.za), en nie info@absa.co.za, soos die e-pos verklaar nie.
Die "werknemer by Absa" beweer dat die sogenaamde virus fondse tussen rekeninge kan oorplaas, kredietkaartnommers kan bekom en hulle op die Internet publiseer, rekeninge kan uitwis en besonderhede van Absa se gratis Internet-intekenare kan bekom.
M-Web is vir kommentaar gekontak rakende sy planne om die e-pos op te spoor, maar die maatskappy het nie teen publikasietyd nog nie gereageer nie.

