About
Subscribe

Absafreemail.co.za verkoop

By Jason Norwood-Young, Contributor
Johannesburg, 25 Jan 2001

In nog `n kinkel in die Absafreemail.co.za-domeingeding, het Nizaam Karjieker, wat persoonlik die domein geregistreer het wat Absa beplan om vir sy gratis e-pos-diens te gebruik, die domein verkoop.

Karjieker s^e die domein is aan `n derde party verkoop wat verkies om anoniem te bly. Hy het bevestig dat die anonieme party nie Absa is nie.

Die Absa-groep het die probleem opgelos deur aan te kondig dat hy `n sub-domein van die Absa-domein, freemail.absa.co.za, in plaas van Absafreemail.co.za sal gebruik.

"Dit was uit die staanspoor ons plan om freemail.absa.co.za te gebruik," s^e Tasso Tsoukalas, hoofbestuurder vir kanaalbemarking van die Absa-groep, ges^e. "Dit raak op geen manier ons diens nie."

Maar Tsoukalas s^e Absa wil steeds Absafreemail.co.za self gebruik en s^e dit is "wys en reg dat ons voet by stuk hou hieroor". Absa sou Donderdag `n eisbrief aan Karjieker uitreik.

Karjieker en Tsoukalas het albei gerugte ontken dat Absa Karjieker R750 000 vir die domein aangebied het. Karjieker s^e Absa het hom teen Donderdagoggend nog nie gekontak nie. Tsoukalas het dit bevestig.

Karjieker se werkgewer, Intekom, s^e hy het bloot in sy persoonlike hoedanigheid opgetree toe hy die domeinnaam geregistreer het. Die maatskappy het ontken dat hy gedreig het om Karjieker te ontslaan as hy geld vir die domein sou aanvaar, maar het ges^e `n interne ondersoek is gelas na die aangeleentheid.

"As `n [ diensverskaffer] praat ons nie enige domeinnaamspekulasie goed nie," s^e Chris van Zyl, Intekom se bemarkingsbestuurder.

Share