AiC Worldwide het hulle korporatiewe beeld en kernbesigheid verander om te herposisioneer as die "nuwe ekonomie" maatskappy Terrapinn en sal nou afgesien van die normale promosionele funksies en publikasies ook vertikale poorte en besigheid-tot-besigheid oplossings as deel van hulle portefeulje aanbied.
Terrapinn - afgelei van "terrapin", een van die vier hemelse diere uit Feng Shui kosmologie, het 18 vertikale gemeenskappe wat IT, telekommunikasie, media, vervoer en ander nismarkte insluit, op aanbod.
Die vertikale poorte verskaf industrienuus, artikels, gebeurtenisse en die geleentheid om te netwerk, aan verskillende gemeenskappe. Terrapinn se redaksionele staf en media vennote dien as inhoudsbron.
Die Fen Shui terrapin is veronderstel om `n lang lewe en voorspoed aan diegene wat die geloof beoefen, te bring. Terrapinn s^e die addisionele "n" reflekteer die maatskappy se posisie as "`n nuwe media maatskappy in die hart van die nuwe ekonomie". Terrapin.com word reeds deur Terrapin Associates besit.
Terrapinn was nie beskikbaar vir kommentaar teen publikasie nie.

