About
Subscribe

AIX trek krakers se aandag

By ITWeb
Johannesburg, 22 Aug 2001

AIX, die Unix-gebaseerde bedryfstelsel van IBM, is nie tradisioneel die teiken van webwerfvandale nie. AIX se naam word inderwaarheid skaars genoem op die meeste skendingslyste aangesien die webwerf minder as 1% van aanvalle beleef. Tog het daar verlede week `n ommekeer plaasgevind toe AIX bykans 80% meer aanvalle slegs in die afgelope week beleef het.

Die Alldas-argief, 'n lys van bekende webwerfskendings, lys net 75 bekende AIX-krake oor die afgelope 18 maande uit `n totaal van meer as 22 000. Met minder as een persent van die oorhoofse totaal, vergelyk AIX-skendings glad nie met die 65% wat aan Microsoft Windows toegeskryf word nie. Wat egter belangrik is, is dat 60 van die 75 AIX-skendings wat oor die afgelope 18 maande plaasgevind het, die webwerf die afgelope ses dae getref het.

Die mees waarskynlike oorsaak vir die skielike opbloei in AIX-skendings is die meer as 30 AIX-uitbuitingswenke wat die naweek na die hack.co.za-webwerf gepos is.

Die uitbuitingswenke, is deur 'n Poolse groep, bekend as die Last Stage of Delirium Research Group (LSD), gepos en teiken sekuriteitsfoute in AIX.

Een van die slagoffers van die jongste reeks aanvalle was 'n IBM korporatiewe bediener in Indonesi"e. Bykans die helfte van die skendings die afgelope week is op teikens in die Brasiliese (.br) en Meksikaanse (.mx) domeins gedoen.

Share