About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Business
  • /
  • Alexandra word slim met $5m skenking van Enterasys

Alexandra word slim met $5m skenking van Enterasys

By ITWeb
Johannesburg, 24 Aug 2001

Welgesteldes het Donderdag in Alexandra opgedaag vir die opening van die Thusong Youth Centre Technical Education Centre wat deur die Nelson Mandela Children`s Fund tot stand gebring en deur Enterasys Networks geborg is.

Die onderwys- en opleidingsentrum vir die gemeenskap van Alexandra is opgerig met 'n skenking van $5 miljoen deur Enterasys Networks.

Volgens Martin May, streekdirekteur van Enterasys Networks in Suid-Afrika, is die sentrum die eerste van baie wat die maatskappy beoog om in die komende maande met die $5 miljoen op te rig.

"Dit is die hoogtepunt van 'n droom en die verwesenliking van 'n doel. Maar dit is ook net die einde van die begin van ons inisiatief." May het ges^e die plan is om oor die volgende twee jaar tussen 250 en 300 soortgelyke sentra op te rig.

Enterasys en sy vennoot Duxbury het die opleidingsentrum met 'n aantal rekenaars asook 'n volledige netwerk en Internettoegang toegerus. May het beklemtoon dat die sentrum nie net vir kinders bedoel is nie, maar dat dit 'n gemeenskapsentrum vir al die inwoners van Alexandra is.

"Die behoefte aan onderwys in SA, veral onder die minderbevoorregte gemeenskappe, kan nie oorbeklemtoon word nie," het May ges^e. "Hierdie sentrum is die gevolg van `n nuwe klem wat ons glo op venootskapprogramme met die gemeenskap geplaas moet word wat leer, uitreiking en navorsing integreer en wat op die sosiale ontwikkeling en opheffing van die inwoners van die gemeenskap gerig is."

Sibongile Mkhabela, uitvoerende hoof van die Nelson Mandela Children`s Fund, het ook die behoefte beklemtoon om skoolverlaters toe te rus met die vaardighede wat hulle nodig het om werk te kry. "Te dikwels is die gemeenskap nie in staat om hulle op te neem wanneer hulle die skool verlaat nie. Ons moet iets doen om kinders met `n arm agtergrond `n voorsprong in die arbeidsmark te gee," het sy ges^e.

Volgens May is onderhandelings reeds aan die gang met 'n aantal universiteite om afstandsonderrigprogramme daar te stel. "Hierdie sentrum het `n volledige netwerk asook Internettoegang. Ons is op soek na `n universiteit waarmee ons kan saamwerk om afstandsonderrig te voorsien deur die gemeenskapsentra wat ons oprig."

May het ges^e die beste gegradueerdes van die sentrum sal indiensopleiding by Enterasys Networks ondergaan wanneer hulle hul kursusse voltooi het, en baie sal aanbiedinge uit die IT-bedryf ontvang. Hy het bygevoeg dat Enterasys verbintenisse met sy vennootmaatskappye sal aangaan om hulle aan te moedig om graduandi van die onderwyssentra aan te stel.

"Ons glo dat as die lewering van rekenaars en Internettoegang aan hierdie jeugsentra bespoedig word, ons vinnig sal vorder om die chroniese tekort aan opgeleide applikante in die IT-bedryf in die land op te los," het May ges^e.

"Die sentrum is die gevolg van 'n nuwe klem wat ons glo op vennootskapprogramme met die gemeenskap geplaas moet word, wat leer, uitreiking en navorsing integreer .... en wat gerig is op sosiale ontwikkeling en regverdige verandering, en wat in die basiese behoeftes van die meerderheid voorsien."

Share