About
Subscribe

AOL gebruik MTN-tegnologie vir ICQ

Phillip de Wet
By Phillip de Wet, ITWeb contributor
Johannesburg, 22 Feb 2001

Die nuwe M-Cell-afdeling, Airborn, het 'n transaksie met America Online (AOL) beklink wat gebruikers van ICQ-kitsboodskappe in staat stel om kitsboodskappe van 'n persoonlike rekenaar na 'n selfoon te stuur, en waarop selfoongebruikers kan terugantwoord.

ICQ is 'n filiaal wat ten volle besit word deur AOL.

Slim ICQ-gebruikers in SA het vir geruime tyd al besef dat hulle boodskappe na MTN-intekenare kan stuur terwyl die stelsel in sy toetsfase was, en die gratis w^ereldwye diens is nou ook reeds in plek.

"Ons is nie gewoond om dinge aan te kondig wat nog gaan gebeur nie," s^e Sam Michel, hoof van e by Airborn. "Ons maak dinge bekend nadat ons dit 'n werklikheid gemaak het."

Die bykomende ICQ-eienskappe is afhanklik van 'n rugstelsel wat deur die MTN mobiele e-besigheidsafdeling ontwikkel is, en gebaseer is op die uiters suksesvolle mtnsms.com webtuiste. Die webtuiste sal ook na verwagting dien as basis vir nuwe boodskapkli"ente wat op verskillende markte gerig is.

Mtnsms.com is die webtuiste in Afrika wat die meeste besoek word en is vinnig besig om een van die grootstes in die w^ereld te word, met sy gebruikersbasis wat regoor die w^ereld aanhou groei.

"Jy sal nog baie verskillende dinge sien voortkom uit die afdeling," beloof Michel. "Ons fokus op instaatstellende tegnologie"e in mobiele , en kyk na eindgebruikertoepassings en dienste vir die korporatiewe mark. "

Airborn het onlangs 'n multimiljoenrand alliansie met Unisys oor tweerigtingboodskappe aangekondig. In sy vorige gestalte het die eenheid ook die afstandinteraktiewe stemresponsstelsel (RIVR) ontwikkel, wat gebruikers in staat stel om te versoek deur 'n gewone selfoonoproep na 'n spesifieke nommer te maak. RIVR identifiseer die nommer vanwaar die oproep gemaak is, vergelyk dit met die data, staak die oproep en stuur inligting deur middel van die kortboodskapdiens (SMS).

RIVR is tans in gebruik in Itali"e en Suid-Afrika en die eenheid verwag om dit binne twee jaar in meer as 100 lande in bedryf te stel.

Airborn, wat nou 'n afdeling is van die MTN-beheermaatskappy M-Cell, was voorheen bekend as Mobile e@MTN en 'n afdeling van die netwerkoperateur self. Michel s^e die maatskappy het op die stadium gekom waar hy "homself moes ontkoppel van die netwerk", aangesien dit 'n Internet omskakelingsbedryf is eerder as 'n "suiwer netwerkspel".

Share