About
Subscribe

Apple teiken verbruikerskanaal

Johannesburg, 28 Feb 2001

Apple Computer het sy toervertoning gister in Johannesburg afgeskop met die doel om produkbewustheid in die verbruikersmark te skep.

Bruno Verolini, Apple se bestuurder in SA, s^e hoewel die maatskappy se handelsmerk welbekend is, is die verbuikersmark steeds oningelig oor sy produkvoordele.

Hy s^e toervertonings om produkbewustheid te bevorder is veral nodig in SA waar die kreatiewe mediamark die hoofstukrag van Apple se rekenaarverkope is.

"Die algemene verbruikersmark bly steeds 'n ontwykende een vir Apple se plaaslike verkope omdat die meeste mense onder die indruk verkeer dat Apple-rekenaars alleenlik vir kreatiewe mediagebruikers bedoel is," s^e Verolini.

Oren Ziv, direkteur van professionele markte in Europa, s^e Apple se markaandeel is baie groter in die VSA en Europa.

"Apple-verkope is sterk in Frankryk, Duitsland en Switserland omdat die professionele kreatiewe bedryf baie groter is in daardie lande." Ziv merk ook op dat die verbruikersmark baie beter ontwikkel is in Europa as in SA.

"In Switserland, byvoorbeeld, word Apple-rekenaars die meeste in skole gebruik en hierdie opvoedkundige verbruikersmark het oor die afgelope paar jaar volgehoue sterk groei getoon."

Volgens Verolini het die maatskappy besluit om sy kleinhandelteenwoordigheid te verhoog deur rekenaarverkope buite uitgesoekte Apple-winkels uit te brei in 'n poging om verbruikersverkope in die land te verbeter.

"Ons stel hierdie plan in November in aksie deur ons aanbod aan rekenaarkleinhandelaars soos Incredible Connection uit te brei sodat ons Apple-rekenaars na die verbruikersmark kan dryf."

Hoewel Verolini glo dat die resultate van uitgebreide verkope deur rekenaarkleinhandelaars positief is, s^e hy baie werk moet steeds gedoen word om die verbruikersmark op te voed oor produkoplossings.

"Van nou af sal soortgelyke toervertonings elke ses maande regoor die land gehou word in die hoop om die mark in die land op te voed en uit te brei."

Share