About
Subscribe

Bidorbuy sluit kontrak met Robor

Johannesburg, , 11 Jul 2000

Bidorbuy.co.za, 'n plaaslike veiling Web werf het 'n kontrak met Robor Industrial, 'n vervaardiger van industri"ele en landbou staal produkte gesluit.

Robor International gaan na verwagting oor die volgende paar maande produkte van miljoene rande vir veiling beskikbaar stel.

"Die groot hoeveelheid van produkte wat Robor Internationl gaan opsit vir veiling sal baie waarde aan die Internet vendisie besigheid-tot-besigheid sektor verskaf," s^e Pen Schultz, strategiese vennootskap bestuurder by bidorbuy.co.za.

"Ek verwag dat hierdie vennootskap met Robor Industrial baie belangstelling in die mark sal wek en aantreklike bodde tot gevolg kan h^e."

"Alhoewel verbruiker-tot-verbruiker handel die grootste area in Internet veiling handel is in SA, sal besigheid-tot-besigheid groei waarskynlik dit redelik vinning verby steek. Bidorbuy.co.za is besig om na vore te kom as SA se voorste Internet veiling besigheid en is steeds besig om goeie maand-op-maand groei in sy verkeer en transaksies te wys."

'n Robor Industrial winkel is oopgemaak in die bidorbuy Business-to-Business Bulk Auction afdeling met verskeie besigheid-tot-besigheid produkte geleis vir veiling. Di'e afdeling sal oop wees vir Robor Industrial gekeurde en geregistreerde kopers. Slegs hierdie gekeurde kopers sal toegang h^e en sal kan deelneem in die bie proses.

Robor Stewarts & Lloyds, 'n afdeling van Robor Industrial, het ook 'n besigheid-tot-besigheid winkel in die bidorbuy koopsentrum op die voorste bladsy van die bidorbuy Web werf oopgemaak. Produkte sal gelys word vir veiling onder industri"ele en landbou afdelings. Hierdie produkte is beskikbaar vir alle bidorbuy-geregistreerde kli"ente.

Share