About
Subscribe

Bluetooth betree die huis

Johannesburg, 23 Mar 2001

Ericsson het 'n koordlose Internetradio, gebaseer op die Bluetooth draadvervangingstelsel, by die CeBIT Tegnologieskou in Hannover, Duitsland bekend gestel. Hier is draadlose Bluetooth en tweedegenerasie sellul^ere tegnologie"e 'n gebied waarom hewig meegeding word.

Ericsson s^e die sal nuwe w^erelde van vermaak vir verbruikers oopmaak deur beweeglikheid na aanlynmedia te bring.

Die 1.2kg H100-radio koppel aan die deur 'n Bluetooth-basisstasie wat binne 'n radius van 100m gele"e is. Die basisstasie self word op 'n kabelmodem of ander ho"espoed toegangspunt geplaas. Die radio ondersteun strome van tot 320kbps.

Gebruikers kan deur 'n lys van stroomstasies blaai wat deur 'n inhoudvennoot pasgemaak is vir die stelsel deur die gebruik van enkeldoelknoppies en 'n LCD-skerm. Met twee klein 2W-luidsprekers, hou die battery tot vyf ure aangesien die stelsel min krag gebruik vir dataversending.

Teen 307mm x 170mm x 115mm kan die eenheid maklik vervoer word en die versendingswydte sal die normale huis of kantoor dek.

Ericsson s^e die H100 sal beskikbaar wees "in 'n verskeidenheid kleure om te verseker dit pas by jou dekor", insluitend geelbruin-oranje en lemmetjiegroen.

Die radio beskik ook oor 'n gunstelingstasie- en liedjielys, kan dien as 'n MP3-speelkas en het 'n ingeboude alarmfunksie.

Die eenheid is 'n gesamentlike inisiatief deur Ericsson en MTV Networks se MTVi-afdeling, wat die musiekwebwerwe van MTV.com en Sonicnet.com beheer. MTV Networks word deur Viacom besit.

"Die maatskappye sal strategiese vennootskapgeleenthede rakende bemarking, gesamentlike handelsmerkvestiging, verspreiding en die verkoop van produkte ondersoek," s^e Ericsson, wat onlangs die vervaardiging van sy selfoonhandstelle uitgekontrakteer het.

Radio`s sal na verwagting teen die einde van die jaar in die VSA en Europa beskikbaar wees, maar dit is onwaarskynlik dat hulle in Suid-Afrika gesien sal word, waar toegang tot wyebandinfrastruktuur nie beskikbaar is nie.

Adrian Crouch, Ericsson se produkbestuurder van tuiskommunikasie, s^e die H100 sal waarskynlik deur wyeband-diensverskaffers versprei word en sal verpak word met 'n voorafgepaarde stasiemikroskyfie. "Ons kan selfs die scenario h^e waar diensverskaffers radio`s gratis aanbied om verkeer op hul netwerke aan te moedig, en daar is ander moontlikhede buiten direkte verkope," s^e hy.

Die H610, Ericsson se weergawe van 'n webtoegangstoestel vir die huis, is ook op skou. Die toestel kombineer 'n sprekerfoon, webblaaier en 'n e-pos-kli"ent. 'n Soortgelyke toestel wat deur Siemens vir Deutsche Telekom vervaardig is, naamlik die T-Sinus, word ook vertoon.

Share