Wireless Application Protocol (WAP) is die basis waarop mobiele toestelle toegang tot inhoud en dienste verkry. Die platform wat die meeste vir mobiele dienste gebruik word, is die sellul^ere telefoon, en die meeste vervaardigers van sellul^ere toerusting het `n reeks WAP-ontsperde handstelle wat vir die hele mark voorsiening maak.
Hierdie tegnologie maak egter stadig opgang in Suid-Afrika, ondanks die ontploffing in die sellul^ere telefoon-mark in die land. Om agter die kap te kom van hierdie ooglopende verbruikersweerstand, het die telekommunikasie- en IT-navorsingsmaatskappy, BMI-TechKnowledge, `n WAP-opname in samewerking met ITWeb en die mobiele poort, WAPhome, geloods.
Volgens Susan Hsu, telekommunikasie-ontleder vir BMI-T wat aan die hoof staan van die projek, is die hoofdoel van die opname om `n algemene oorsig van die spesifieke hoedanighede van die WAP-mark in SA te kry, asook om te bepaal wat die opkomende neigings in die land is in vergelyking met die in Europa en ander dele van die w^ereld.
Hsu se aanvanklike indrukke is dat WAP tot nou toe omgewe was met baie ophef, maar dat geen grootskaalse groei plaasgevind het nie weens die koste van die aanvanklike oproepe, en die feit dat die meeste Wap-gebaseerde dienste nie gebruikersvriendelik is nie.
Na verwagting sal die opname se resultate insig bied in verbruikers se gedrag en voorkeure en die mate waartoe sellul^re telefoongebruikers die handstel se funksies gebruik, asook hoe afhanklike mense die selfoon in hul daaglikse handel en wandel gebruik.
Die opname teiken alle selfoongebruikers, maar Hsu verwag om die meeste terugvoering te kry van mense in die finansi"ele en IT-bedryf. Die gemiddelde verbruiker, s^e sy, is waarskynlik bewus van WAP, maar slegs `n klein persentasie van hulle weet waartoe dit in staat is en hoe dit benut kan word.
Die meeste respondente sal na verwagting tussen 21 en 35 jaar oud wees, s^e Hsu, en beslis tegnologiebewus wees.
Hsu s^e sy het self al probeer om WAP-gebaseerde dienste te gebruik, maar het tou opgegooi omdat dit te lank geneem het.
Die opname loop tot 27 Oktober. Vir nadere inligting, besoek http://www.itweb.co.za/sections/wapsurvey/default.asp.

