About
Subscribe
  • Home
  • /
  • Internet
  • /
  • CA gooi sy gewig in agter soektog na vermiste kinders

CA gooi sy gewig in agter soektog na vermiste kinders

By ITWeb
Johannesburg, 26 Jun 2001

Computer Associates (CA) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 'n webwerf van vermiste kinders bekendgestel en daarmee tegnologie aan die gemeenskap beskikbaar gestel om te help met die opspoor van duisende vermiste kinders.

Dan van der Westhuizen, vise-president van CA, het by die bekendstelling Dinsdagoggend in Sandton ges^e CA is verheug om sy globale verbintenis met die International Centre for Missing and Exploited Children (ICMEC) voor te sit.

"Spoed is van uiterste belang om vermiste kinders op te spoor en met hulle families te herenig," het Van der Westhuizen ges^e.

"Ons het die webwerf in samewerking met die polisie en die Buro vir Vermiste Persone ontwerp sodat die databasis onmiddellik opgedateer kan word soos nuwe gevalle aangemeld word.

"Ons het ook tegnologie"e ingespan wat ons in staat stel om 'n voorstelling te skep van hoe die kinders sou verouder om aan die publiek 'n akkurate prentjie te toon van hoe die kind met die verloop van jare sou lyk."

CA het toerusting en sagteware vir die inisiatief geskenk. Die webwerf gebruik CA se Ingres II e-besigheid databasisbestuurstelsel asook die Jasmine II e-besigheidsplatform om die webblaaie te skep.

Die vennootskap met ICMEC gee Suid-Afrikaners toegang tot 'n globale databasis met foto`s wat soektogte oor grense moontlik maak, iets wat uiters belangrik is wanneer internasionale kinderprostitusieringe betrokke is.

Nancy Dube, vise-president en hoofoperasionele beampte van ICMEC, het die belangrikheid van foto`s in die opsporing van vermiste kinders beklemtoon.

Sy het ges^e die sukseskoers om kinders op te spoor hang ten nouste saam met die vinnige vrystelling van foto`s van die kinders. Die webwerf stel 'n mens in staat om plakkaat-grootte foto`s van die kinders uit te druk en by banke, inkoopsentrums, skole, ensomeer op te plak.

Dube het ges^e in Amerika het die sukseskoers in die opsporing van vermiste kinders van 63% tot 94% toegeneem met die hulp van die Amerikaanse webwerf.

SAPD assistant-kommissaris Du Toit het 'n beroep op die gemeenskap gedoen om die inisiatief te ondersteun.

"Die gemeenskap is die o"e en ore van die polisie. Ons kan die aantal mense wat op die uitkyk is vir hierdie kinders vermeerder van die honderd of so polisiebeamptes tot miljoene mense wat bewus is van die kinders se lot," het Du Toit ges^e.

"Ons gebruik elke dag die tegnologie wat ons ontwikkel het om die manier waarop ons sake bedryf dramaties te verbeter. Dit is egter noodsaaklik dat ons dieselfde tegnologie gebruik om die totale gemeenskap ook dramaties te verbeter," het Van der Westhuizen ges^e.

Hy het 'n beroep op ander ondernemings in SA gedoen om hulle gewig in te gooi agter hierdie geweldige taak om die baie kinders wat elke dag vermis raak op te spoor.

Meer inligting oor hoe maatskappye kan help, is beskikbaar op die webwef by za.missingkids.com.

Share