Microsoft South Africa het die resultate van onafhanklike navorsing bekend gemaak wat toon dat 63.54% van alle aktiewe webwerwe in SA van Microsoft-tegnologie gebruik maak. Tweede is Linux met 27.92%, gevolg deur Sun Microsystems met 3.33%.
Die navorsing is gedoen deur Netcraft, 'n onafhanklike maatskappy wat die aanvaarding van 'n wye portfolio Internet-tegnologie"e naspoor, wat webbedieners, bedryfstelsels, inhoudontwikkelingstegnologie"e, enkripsietransaksies, e-handel, stroommedia, Internet-diensverskaffing en gasheerdienste insluit. Netcraft is w^ereldwyd bekend vir sy webbedieneropname (Web Server Survey) wat die empiriese maatstaf geword het vir die aantal webwerwe op die w^ereldwye web.
"By Microsoft wat ons doel nog altyd om uitstekende sagteware en tegnologie"e te ontwikkel wat mense en ondernemings bemagtig," s^e Mark Hill, besturende direkteur van Microsoft Southern Africa.
"Hierdie resultate bewys dat Microsoft die onbetwiste markleier is met 'n bewese en betroubare platform. Microsoft-produkte en -dienste is ontwerp om ondernemings met die behendigheid, spoed en betroubaarheid te voorsien om die toenemende pas van verandering in 'n mededingende voordeel te omskep. Behendigheid is 'n sleutelprestasiekenmerk van ondernemings wat in die e-ekonomie wil oorleef en vooruitgaan."
Plaaslike en internasionale Internet-spelers wat van Microsoft gebruik maak, sluit in BIDyest se mymarket.com, MyLife@bluebean.com, StopQ.com, Medi-Clinic, Nasdaq.com, Dell.com, GuinessWorldRecords.com, BarnesandNoble.com en Microsoft self.
In Junie verlede jaar het Microsoft sy .NET-strategie aangekondig, wat gebou is op die visie van verrykende web-ervarings waar individue enige tyd, enige plek en op enige toestel toegang tot inligting kan verkry.
"Microsoft-sagteware is ontwerp vir die Internet, so jy kan die web vinniger inspan om op innoverende maniere met klante en vennote te werk," s^e Hill. "Ons is verheug dat die Netcraft-syfers toon dat ons klante in ons vermo"e om oplossings vandag te lewer, bel^e. Ons .NET-strategie beloof om die proses in die toekoms selfs eenvoudiger en meer omvattend te maak."

