About
Subscribe

Draadlose bankgeriewe op WIG

Phillip de Wet
By Phillip de Wet, ITWeb contributor
Johannesburg, 14 Aug 2000

ABSA en MTN het die naweek die eerste draadlose toegangspoort (WIG) in SA geloods.

WIG gebruik `n tweerigting kort boodskap diens, beter bekend as SMS, om inligting oor te dra in plaas van die onafgebroke -oproepe van WAP. `n Spesiale 32-bis SIM-kaart bevat `n mini-leser wat as koppelvlak vir gebruikers dien, asook `n sekuriteitsmodule.

Die PIN-nommer word gekodeer met `n drievoudige DES 128-bis sleutel en al die SMS boodskappe word met `n GSM 03.48 algoritme sowel as met die standaard GSM lugkoppeling gekodeer.

Volgens Edward Wicks, MTN se spesialis in die ontwikkeling van bankprodukte, is sekuriteit die hoofrede vir die gebruik van WIG as afleweringsmetode vir die diens. "Die sterk enkodering is veiliger as die meeste Internet toepassings, ideaal vir bankdienste." Omdat die sekuriteitsmodule op die SIM-kaart gele"e is en onafhanklik van die selfoon self funksioneer, het MTN ten volle beheer oor die enkodering.

ABSA glo die sisteem oortref WAP vir verskeie redes. "Toegang tot mobiele bankdienste op `n WAP-sisteem is reeds beskikbaar, maar die huidige tegnologie hou sekere nadele vir die leek in," s^e Henri Slabbert, algemene bestuurder van ABSA se kontaksentrums. "Dit is uiters nis-ge"orienteer en beperk tot duur, nuwe-generasie selfone. Die koste van oproepe is ook hoog aangesien gebruikers aanlyn, teen selfoontariewe, die bankdienste moet gebruik."

Die ABSA diens sluit balans- en staatnavrae, asook oordrag- en betalingsfasiliteite in.

`n Spesiale SIM is nodig om van die diens gebruik te maak en kos in die omgewing van R100. Koppelings vir verskillende dienste kan deur middel van oor-die-lug boodskappe afgelaai word.

MTN s^e WIG bied baie geleenthede en hulle verwag om verdere dienste op die platform beskikbaar te stel. Die huidige sisteem laat ook derdeparty ontwikkeling van dienste toe.

Wicks glo dat die tegnologie agter WIG en WAP aanvullend gebruik kan word en voorsien dat beide protokolle aan die agterkant van toepassings, waar dit onsigbaar vir die gebruiker is, gebruik sal word. "Daar word voortdurend oor veiligheid en die aard van dienste gedebatteer," s^e hy. "Maar om dit uit te rol gee ons die geleentheid om nou vorentoe te beweeg."

Die diens is tans slegs aan MTN gebruikers beskikbaar en kos R11 per maand.

Share