E-regering is 'n bereikbare droom, volgens die bevindinge van 'n Accenture-studie wat Dinsdag bekend gemaak is, maar selfs die mees gevorderde toepassings van e-regering is steeds net halfpad daar.
Die verslag, "Rhetoric vs Reality? Closing the Gap", onthul dat alle lande waarin die ondersoek gedoen is, nog 'n lang pad het om te gaan. Accenture se navorsers het gepoog om sake met 22 regerings deur die Internet te doen. Dienstesektore waarop hulle gefokus het, het menslike dienste, regsdienste en openbare veiligheid, inkomste, verdediging, opvoeding, administrasie, vervoer, regulering en demokrasie, asook posdienste ingesluit. 'n Totaal van 165 dienste wat potensieel deur nasionale regerings gelewer word, is by die ondersoek betrek.
Evaluasiekriteria
Regerings is ge"evalueer op grond van die volwaardigheid van hul lewering en dienste.
Leweringsvolwaardigheid, 'n nuwe aspek van vanjaar se studie, het die bedrewenheid van die elektroniese meganisme wat gebruik word om diens te lewer, beoordeel. Die mees volwaardige dienste was di'e wat burgers en ondernemings in staat gestel het om met regerings in wisselwerking te tree deur 'n portaal wat volgens hul voorsiene behoeftes ontwerp is. Deur so 'n enkele toegangspunt kon burgers en ondernemings maklik toegang tot dienste van regeringsagentskappe verkry.
Diensvolwaardigheid het die vlak gemeet waartoe 'n regering 'n aanlynteenwoordigheid ontwikkel het. Hierdie meting het die aantal dienste in ag geneem wat 'n nasionale regering se verantwoordelikheid is om te voorsien en hoe volledig hulle aanlyn aangebied word. Hierdie volwaardigheid is in drie kategorie"e geplaas: publikasie, interaksie of transaksie.
Accenture se vertolking van die bevindinge is bemoedigend. Die verslag het vier kategorie"e van e-regerings daargestel - innoverende leiers, visioen^ere volgelinge, bestendige presteerders en platformbouers.
Kanada, Singapoer en die VSA is lande wat as innoverende leiers gekategoriseer word. Hulle het minder as die helfte van die werk voltooi wat vereis word om 'n totaal volwaardige aanlynregering te ontwikkel en te voorsien, beide in terme van diens- en leweringsmodelle. Hierdie lande se voortgesette leierskap in die skepping van e-regering en meer volwaardige aanlyndienste het hul onderskei van die ander 19 lande wat by die ondersoek ingesluit is, het die verslag ges^e.
Noorwe"e, Australi"e, Finland, die Nederlande en Brittanje, wat 'n groot aantal aanlyndienste en middelmatige behendigheid getoon het, is as visioen^ere volgelinge ge"identifiseer,
Nieu-Seeland, Hongkong, Frankryk, Spanje, Ierland, Portugal, Duitsland en Belgi"e word as bestendige presteerders gekategoriseer, aangesien hulle 'n wye verskeidenheid dienste lewer met beduidende geleentheid om hul dienstevlak en leweringsmodel tot volwaardigheid te ontwikkel.
Japan, Brasili"e, Maleisi"e, Suid-Afrika, Itali"e en Meksiko word as "platformbouers" bestempel met lae vlakke van aanlyndienste. Hiermee word die lande goed geposisioneer om 'n geko"ordineerde kruisagentskapteenwoordigheid op die web te ontwikkel.
Die Suid-Afrikaanse perspektief
Willem Strauss, van Accenture SA, glo die mees suksesvolle pogings om plaaslike e-regering te betree, sal spruit uit inisiatiewe soos Mytax.co.za, wat in Junie bekend gestel word.
Mense sal BTW-opgawes aanlyn kan indien en die betaling en skikking tussen banke aanlyn kan doen. Dit het positiewe implikasies vir ondernemings, veral, s^e Strauss, as hulle voordeel kan trek uit 'n ekstra vyf dae wat gespaar word deur die elektroniese indiening van opgawes.
Met hierdie poging om opgawes aanlyn te ontvang en 'n fokus op kli"enteverhoudingsbestuur, glo Strauss dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens die regte rigting inslaan, en dat hy 'n goeie voorbeeld stel.
Vergelykenderwys is SA se e-regeringsinisiatief nie naastenby so aggressief soos di'e van sy naaste eweknie, Brasili"e, nie. Volgens Strauss stel di'e land 'n goeie voorbeeld van hoe die digitale gaping aangespreek word. "Hulle probeer om 250 000 toegangspunte vir burgers te skep."
In sterk teenstelling sal SA se plan om toegang te skep - die openbare inligtingsterminaalprojek - binne die volgende paar maande die eerste 100 terminale implementeer.
"Die enigste werklike verskil is dat die Brasiliaanse implemetering meer aggressief is as die Suid-Afrikaanse poging. Die verskil tussen SA en enige van die ander lande (wat ondersoek is) is slegs 'n tweejaar-gaping."
Ander bevindinge
Die navorsing het ook getoon dat begrip en die gebruik van e-regering baie stadig gevestig raak. Slegs in uitsonderlike gevalle, soos met Ierland se Inkomste-Aanlynstelsel, kan ondernemings transaksies met regerings deur die Internet doen.
Die navorsing het ook bevind dat portale te voorskyn kom as 'n middel om orde en kli"entefokus in e-regeringsdienste te vestig. Kanada, Singapoer en die VSA het almal landwye portale daargestel om aan burgers 'n enkeltoegangspunt tot die regerings te voorsien. Tog bestaan min goeie portaalwerwe, en die wat wel bestaan het nog 'n lang pad om te gaan om werklik kli"ent-gefokus en voornemensgebaseer te wees.
Die studie toon dat min regeringsorganisasies meer gesofistikeerde tegnieke gebruik, soos kli"enteverhoudingsbestuur, hul e-regeringsprogramme op voornemens te vestig en portale te ontwikkel om aanlyndienste vir agentskappe vanaf 'n enkele webwerf te voorsien.
Onder die paar regeringsorganisasies wat hierdie vlak van leweringsvolwaardigheid toon en kli"enteverhoudingsbestuur toepas, is die Amerikaanse posdiens. Sy kli"ente kan aanlyn 'n posrekening open om se"els te koop of rekeninge te betaal. Net so word posorganisasies in Finland en die Nederlande hoog geag in die voorsiening van elektroniese dienste.

