eBucks, die produk wat aangeprys word as Suid-Afrika se "eerste ware e-geldeenheid", is Donderdagaand in Sandton bekend gestel. E-kontant maak net `n deel uit van eBucks.com, `n finansi"ele dienste-portaal wat toegang bied tot die aanlyn-finansi"ele dienste wat deur die FirstRand-groep verskaf word.
Paul Harris, FirstRand Banking se uitvoerende hoof, s^e hopelik sal die eBucks.com-aanbieding selfs die mees afgestompte verbruiker se verwagtinge van die groep se finansi"ele dienste-produkte oortref.
Volgens Harris sal die produk toenemend bekend gestel word. Hy verwag dat eBucks die bindingsfaktor van FirstRand se meer as 90 besigheidseenhede sal word, en s^e die groep sal hierdie onderneming se sukses meet aan die persentasie toename wat in sy kruisverkope-ratio verwag word, en wat hopelik die totale profyt sal verhoog.
Die webwerf sal Maandag in werking tree en aanlynaankope en finansi"ele dienste-produkbestuur bied, wat albei inpas in die lojaliteitsprogram wat eBucks-gebruikers toelaat om meer eBucks te verdien.
Buiten die Internet en WAP-selfone, sal gebruikers ook hul rande en eBucks deur middel van die telefoon deur die eBucks.com-oproepsentrum kan spandeer.
eBucks-gebruik sal nie net beperk wees tot FirstRand-kli"ente nie. Die groep teiken die totale e-handelsmark, en het `n aantal aanlynhandelaars ingetrek in sy poging om `n mark te skep waarin kli"ente hul eBucks kan spandeer. Tien eBucks is een rand werd.
Die inisiatief hoop ook om die segment van die verbruikersmark op te raap wat nie kredietkaarte gebruik nie, aangesien dit nie nodig is om `n kredietkaart te besit om eBucks te gebruik nie.
Volgens Michael Jordaan, eBucks.com se uitvoerende hoof, sal FirstRand sowat 600 miljoen eBucks (R60 miljoen) oor die volgende twaalf maande in omloop plaas. eBucks kan nie na rande omgeskakel word nie en sal dus net by eBucks.com se handelsvennote spandeer of bel^e kan word.
"Terwyl die handelaars se eie kreatiwiteit en waarde-aanbiedinge hul aantal eBucks-transaksies sal bepaal, is FirstRand daartoe verbind om onmiddellike bewustheid van eBucks.com en eBucks te bewerkstellig. FirstRand sal sowat R300 miljoen aan die projek spandeer, met reklame, openbare skakelwerk en interne kommunikasie wat die hoeksteen van die bekendstelling sal vorm," het Jordaan ges^e.

