About
Subscribe

Enigiets te s^e?

By ITWeb
Johannesburg, 21 Aug 2001

Geleentheidorganiseerders in Suid-Afrika kan sprekers nou aanlyn opspoor en bespreek deur Guest Speaker (www.guestspeaker.co.za), 'n inisiatief van Ecomafrica. Die webwerf beskik oor die name van 60 openbare figure in verskeie velde wat wissel van avontuur tot beleggings, en sluit sprekers in uit sport-, media- en finansi"ele kringe, asook motiveringsprekers.

Die webwerf is drie maande gelede in werking gestel en volgens Ecomafrica se medestigter, Charles Teversham, is 13 besprekings deur die webwerf gedoen sedert sy openbare bekendstelling verlede week.

"Ons het uitstekende reaksie gehad; mense is gek oor die konsep om maklike toegang tot hierdie bekendes te kry."

Teversham glo die sleutelbedryfsbeginsel agter Guest Speaker is dat die webwerf nie die besprekingsproses vervang nie - dit bring net die gassprekergemeenskap nader aan die mense wat in die diens belang stel. Sodra `n navraag gedoen word, word die besprekingsproses op die tradisionele manier gehanteer.

Die diens is gratis vir gebruikers en het 'n gewaarborgde reaksie van drie dae op navrae.

Gary Boddington, medestigter van Ecomafrica, s^e: "Ons beplan om deur middel van die webwerf 'n gemeenskap te bou wat die belange van beide ons kli"ente en ons sprekers dien."

Ecomafrica beskryf homself as 'n ge"integreerde sportbemarkingsmaatskapy, wat Internettegnologie gebruik om kommersi"ele geleenthede in die Suid-Afrikaanse sportbedryf te vergroot. Isaac Shai, Freek Robinson, Camilla Jane Walker en Dr David Molapo is van die sprekers wat tans deur die webwerf beskikbaar is.

Vir meer inligting, besoek http://www.guestspeaker.co.za.

Eksterne skakels:
www.jonty.co.za
www.biopro.co.za
www.hockeymaster.co.za

Share