Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het op 'n vlug na e-handel vertrek met sy flysaa.com e-handelswebwerf wat verlede week van die grond af gekom het.
Die nuwe webwerf, wat deur 'n interne span in samewerking met die Ierse e-besigheidsoplossingsvoorsiener, Datalex, die plaaslike stelselsintegreerder, Dimension Data, en Atraxis ontwerp en ontwikkel is, stel gebruikers in staat om vlugte aanlyn te bespreek, met die gereelde lugreisigerprogram Voyager te skakel en onder meer hotelverblyf en motorhuur te re"el.
"SAA beplan om 'n reeks reisverwante produkte en dienste aan te bied wat ons kli"ente in staat sal stel om hul eie reisplanne te maak en te bestuur," s^e SAL se uitvoerende vise-president, Bonang Mohale.
Dit is ons eerste produk vir die Suid-Afrikaanse mark waarin SAL 'n aansienlike belegging gemaak het om te verseker dat ons kli"ente die beste aandag geniet. Nog 'n gebied waaraan ons tans werk is 'n besigheid-tot-besigheid produk vir die kli"ente van klein en medium ondernemings."
Deur die loop van die jaar sal die webwerf se vermo"e uitgebrei word, met die volgende fase wat die ontwikkeling van 'n stelsel vir sakereisigers behels.
'n Besigheid-tot-besigheidproduk wat vir kleiner ondernemings ge"identifiseer is, word tans ontwikkel, waar mense hul eie reisre"elings kan tref of verander. Administrasieregte kan toegeken word wat mense in staat stel om as lede aan te teken, hul eie besprekings te bestuur en selfs met 'n maatskappykredietkaart te betaal.
SAL ontwikkel internasionale webwerwe vir passasiers van die VSA, Brittanje en Duitsland om met SAL te bespreek. "Die volgende produk in ons beplanningsfase sal wees om te kyk hoe ons met die reisbedryf gaan skakel en om hulle in staat te stel om die e-handelsroete te volg," s^e Mohale.
"Ons noem dit 'n webkanaal, want dis meer as 'n webwerf," s^e SAL se hoofbestuurder vir e-handel, Theunis Potgieter. "Dit is 'n manier om produkte en dienste te verkoop, en om die kli"ent toe te laat om deur die Internet te skakel. Die voordele vir die kli"ente is omvattend. Kli"ente kan byvoorbeeld versoek om met SMS in kennis gestel te word as 'n vlug vertraag is. Hulle het ook meer beheer oor hul besprekings en toegang tot 'n vinnige, 24x7, gebruikersvriendelike diens."
"Die kanaal is met SAL se bestaande rugsteunstelsels ge"integreer, wat sy inventaris, kli"entesorg en besprekingstoepassings, sowel as die Voyager Frequent Flyer-stelsel insluit, s^e Greg Vercellotti, verkoops- en bemarkingsdirekteur van Dimension Data i-Commerce. "Die kanaal skakel voorts met Nedbank se iVeri-kredietkaartbetaalstelsel."
Die inbelsentrum wat nodig is om die webkanaal te beheer, is na Dimension Data se Customer Contact Solutions i-Media Centre uitgekontrakteer weens die projek se kort tydsraamwerk.
Die webwerf se besprekings- en beskikbaarheidsvermo"e word deur Booklt Consumer, Dalatex se aanlynreisbesprekingsenjin aangedryf. SAL maak reeds gebruik van Datalex se ARIVA AccountProfile verkoopsmagoutomatisasiesagteware en ARIVA MarketProfile se data-ontginnings- en data-analisesagteware.
"SA bied 'n nuwe w^ereld van geleenthede vir Datalex en het ook 'n nuwe stel uitdagings daargestel wat ons tromp-op in die ontwikkeling van oplossings vir hierdie mark tegemoet sal gaan," s^e Datalex se uitvoerende hoof, Neil Wilson. Ander Datalex-kli"ente sluit in Aer Lingus, Air Canada, Amadeus, American Airlines, AMTRAK, Ansett Airlines en British Airways.

