Ikaneng Primary School in Soweto het Donderdag die eerste skool in Gauteng geword om voordeel te trek uit die Gauteng Onderwysdepartement se Gautengonline.com-projek. Gautengonline, 'n inisiatief van die provinsiale regering, beoog om teen 2006 aan elke leerder in die provinsie toegang tot die Internet te bied.
Mbhazima Shilowa, premier van Gauteng, het by 'n galageleentheid om die projek bekend te stel ges^e dit is `n geleentheid vir leerders om "op die inligtingsupersnelweg te spring. Gautengonline sal leerders in 'n skool in Orange Farm dieselfde toegang bied tot kennis en inligting as 'n leerder in 'n duur private skool in Sandton."
Die Gauteng Onderwysdepartement het R500 miljoen beskikbaar gestel om die projek mee af te skop, maar hoop om addisionele fondse van die private sektor te bekom soos die projek ontwikkel. Die projek beoog om skole oor die volgende vyf jaar met minstens 25 netwerkgekoppelde rekenaars asook met 'n voorraad kantoortoerusting toe te rus.
In reaksie op onlangse kritiek dat Gautengonline nie 'n besigheidsplan het nie en nie 'n praktiese benutting van onderwysdepartementfondse was nie, het Shilowa ges^e: "Die mense wat s^e ons moenie voortgaan met die projek nie is ook diegene met kinders in Model C-skole. Hulle kinders geniet reeds die tegnologiese voordele wat hulle s^e ons van ons kinders moet weerhou."
Gautengonline het nog nie 'n strategiese vennoot vir hierdie onderneming aangewys nie, en het ook nog nie 'n besigheidsplan vir die implementering van die hardeware gefinaliseer nie. Thami Nxasana, programbestuurder van Gautengonline, het ges^e die besigheidsmodel sal oor die volgende ses tot 18 maande saam met "deskundiges in die veld" ontwikkel word.
Ignatius Jacobs, Gauteng se minister van onderwys, het ges^e die proses om 'n strategiese vennoot te kies was "reeds onderweg" en dat tenders aangevra is.
Nxasana het ges^e terwyl dit 'n "belangrike mylpaal op pad na 'n meer voorspoedige toekoms is", is die projek ook deel van 'n groter projek om die slim lewering van onderwys moontlik te maak. Hy het ges^e onderwysers en administrateurs sal toegang h^e tot aanlyn inligting soos vorms, administratiewe dokumentasie, kurrikula en onderwyshulpmiddele wat hulle ook vir gebruik kan aflaai.
Volgens Jacobs gaan Gautengonline nie net om die voorsiening van e-pos-adresse aan die 1.5 miljoen leerders in Gauteng nie. Hy s^e dit is ook deel van die projek om algemene ekonomiese groei in die provinsie aan te help deur leerders voor te berei om ingeligte werkers te wees wat IT effektief kan gebruik en 'n bydrae tot die nuwe ekonomie kan lewer.
Skole in die townships en plattelandse gebiede waar hierdie geriewe die meeste benodig word, sal voorkeur kry. Shilowa s^e die implementering sal hand aan hand gaan met programme om die infrastruktuur in skole op te gradeer en ook om sekuriteit van die rekenaartoerusting te verseker.

